Van Chintheche ry ons na Muzuzu om die Trok se
airconditioner te laat reg maak, geld te trek en petrol in te gooi. Ons betaal
30 000 Mkw vir 44 liter petrol. Ons besluit om op Karonga te gaan slaap.
Net voor die grens na Tanzanie. Ons ry verby plantasies en stop om te kyk hoe
hulle rubber uit die bome tap. Langs die pad verkoop hulle balle wat hulle van
die rubber maak. Die omgewing raak al meer bergagtig en ons begin die eerste
kameeldoringbome kry.
Die volgende dag gaan ons oor die grens na Tanzanie. Die
mense by die grens is baie vriendelik en vertel ons dat Suid Afrikaners van die
volgende dag (1 Julie) nie meer visums nodig het vir Tanzanie nie. Ons ruil
geld op die grens en kry 150 000TSh vir $100. 1Rand = 150 TSH. Petrol is
darem nou weer so R13/l.
Nou raak die fietse al minder en die motorfietse al meer.
Ons begin klim in die berge in tot ‘n hoogte van 2276m. Ons ry deur ‘n baie
mooi bergpas met Lake Malawi weer voor ons. Hier begin die mense rys plant en
met Tuk – Tuks ry. Toe slaan ons die padwerke. Die mense se ‘stop and go’ is
nie 10 min soos in RSA nie, maar amper ‘n uur en dan druk jy in tot iemand
stop! Ons slaap vanaand by The Farmhouse op die plaas Kisolanza. Skielik is dit
weer vriesend koud. Nicky(die eienares van die plaas) beveel aan dat ons die
volgende dag na Ruaha National Park toe gaan so 200km verder.
Dit raak nou al vroeer lig en ons ry die volgende oggend
eers Iringa en daarna Ruaha toe. Ons slaap
by Chogela Camping Site net buite die park vir R100 pp. Die aand word ons eers
aangeval deur die grootste rooi miere wat ek nog gesien het en toe kom die
muskiete! Ons besluit om die volgende
dag die sowat R800 pp te betaal om in die park in te gaan en die aand langs die
rivier te gaan kamp. Dit is nie veel van
‘n kampplek nie en die diere loop vrylik rond , maar dis pragtig langs die
rivier. Dis te warm om diere te kyk en die koelte is maar min. Om af te koel
besluit ons om in die rivier te swem. Ons maak beurte om wag te hou vir die
Seekoeie wat so 150m verder in die rivier op vir ons staan en kyk! Die middag
laat gaan soek ons die diere. Net toe ons besluit die prys is bietjie hoog vir
wat jy kry, ry ons ons vas in ‘n trop leeus! Die swem saam met die Hippo’s en
die leeus het dit egter die moeite werd gemaak. Ons gaan slaap vroeg en luister hoe die olifante en die seekoeie in die
rivier raas,
Woensdagoggend ry ons Dodoma (Hoofstad van Tanzanie) toe.
Die hele 260km is ‘n tipe grondpad langs die hoofpad wat die Chinese besig is
om te bou. By tye ry ons 25km/h en die stof is iets vreeslik. In Dodoma besluit ons ,ons moet onsself
bederf en bly vanaand in die New Dodoma Hotel. Ons het heerlik gee et en
uiteindelik het ons WiFi!
Hi Linda & Co,
ReplyDeleteJust to let you know you are missing the great weather in George, rain...wind...rain and more wind and rain. Freezing here!! Enjoy the fun in the sun up North. I am enjoying reading your Blog although it is rather funny when you translate it to English!!! Drive safely.
Sandy Siddall