Wednesday, 24 July 2013

Jinja na Samburu National Park


Die Tilapia vis wat ons gisteraand ge eet het was die lekkerste vis  wat ons in n lang tyd ge eet het!

Ons pak die volgende oggend ons kampie op en wag vir die Watsons om die pad weer aan te vat na Kisumu. Op die grens na Kenia loop alles vlot en kos ons R250. By die grens kom ‘n man met ‘n kierie (Martin) aangestap en sort al ons papier werk uit. Vra nie eers geld nie. Die mense is weereens baie vriendelik en Martin kry ‘n lekker tip. Ons ruil geld R1 = 8 KES.

Oorals langs die pad kry ons kinders in skoolklere. Suid Afrika kan bietjie tips kom vang oor hoe kleurvol skoolklere kan lyk! Die gewildste kleure is pienk, helder groen, pers en helder geel.

Ons kom so 18h30 in Kisumu aan en dis ‘n heerlike 30 grade. Die Impala sanctuary waar ons wou gaan kamp het is heeltemal te duur en ons ry na Kisumu Beach Resort. Baie primitief maar goedkoop. Opvallend van Afrika is dat almal wifi het! Ons kamp onder ons eerste sausage tree en vir ‘n oomblik oorweeg ons om die vrugte/sade van die sausage tree in ons neuse te druk om te gaan piepie! Piepie maar langs die bakkie.

Die volgende oggend maak ons ons watertenks vol by die Coca Cola fabriek. Hulle het ‘n kraan vir die locals buite die fabriek om drinkwater te tap. Van daar gaan doen ons shopping in Kisumu. Ons dag begin nie goed nie!! Terwyl ons in die supermark is breek hulle by die trok in en steel al die laptops, GoPro, Flashdrives en Backup drives. Toe eers polisie toe ens.! Aardse goed, maar sooo sad! Die trok kan nou nie sluit nie en Roelof hulle moet agterbly om nuwe slotte te kry terwyl ons aan ry Njoro toe.

Ons ry weer met verlangende oe en kyk na die nuwe teerpad in wording langs ons! Die Chinese is baie besig met paaie in Afrika en hulle doen ‘n ordentelike job. Ons sukkel maar aan tussen die potholes en padwerke voort tot by Kembu Campsite by Njoro. Oppad na Kembu begin ons die mooiste Tee plantasies kry en kry weer laat middag ‘n bietjie reen. Kembu is ‘n pragtige kampplek op ‘n boer se plaas met pragtige grasperke en bome. Ek moet my woorde terugtrek – Geen WiFI!. Hier is dit weer soos winter – 15 grade en nat! Braai lekker vark ribbetjie en gaan slaap vroeg. Ons slaappatroon word bepaal deur die son. Ek het nog nooit in my lewe so vroeg gaan slaap nie! 20h15 is ons in die bed!

Die volgende oggend vroeg ry ons Archers Post toe. Die eerste deel van die pad is maar sleg maar word later beter.  Maar dit is baie mooi! Groen en baie heuwels. Ons ry gemiddeld bo 2000m bo seevlak en dit bly maar koud. Daar is ongelooflik baie groot skole en Universiteite in die heuwels om Kisumu. Ons gaan weer oor die ewenaar en stop vir ontbyt. Ons kom dieselfde tyd daaraan as omtrent 20 Japannese op ‘n Afrika Toer. Toe ons die sykant van die canopy afslaan begin die geskarrel. Hulle sak op ons toe en begin fotos neem! Hulle kan nie glo ons slaap bo op die bakkies nie en ons kombuisie fassineer hulle. Ons voel soos celebraties en moet heeltyd pose vir foto’s HaHa! Ons ry vandag 3 maal oor die ewenaar!Die pad Nanyuki toe is goed en op die Marsabit / Moyale hoofpad kry ons ons eerste kamele.

Ons het vandag van 2500m bo seevlak na 800m gedaal en nou is dit weer 33 grade. Ons is nou weer in ‘n woestyn landskap met platkroon akasia bome.

 By Archer’s Post soek ons kampplek buite die Park, maar dis maar skraal. Na ‘n bietjie mooipraat kry ons afslag om in die Samburu National Park te gaan kamp. Al die Nationale Parke in Afrika is baie duur en die geriewe is glad nie goed nie. Ons sien  die Gerenuk bokke ( Gazelle – Giraffe). Bok met ‘n lang nek.

Ons slaan kamp op langs ‘n rivier en toe kom die wind! Ons sit vir 2 dae in die wind en die bobbejane steel ons kos! Ons het ‘n wag met ‘n geweer in die nag en in die dag sit Julius op een van ons kampstoele en jaag die bobbejane weg! Seker ook maar deel van die avontuur! Die van Dolderens het gevorder tot by Nanyuki en ons gaan hulle langs die pad kry oppad na Maralal.

Ek het te gou gepraat – Kenia is nie groot op WiFi nie.

No comments:

Post a Comment