Friday, 5 July 2013

Van Dodoma


Na ‘n heerlike ontbyt by The New Dodoma Hotel  ry ons Karatu toe via Singira op ‘n splinternuwe teerpad. Dankie China! ‘n Teerpad het natuurlik sy nadele ook… Dis Kobus se beurt vir ‘n speedfine. Na ‘n bietjie onderhandeling moet hy 10 000 TSH omkoopgeld betaal. Dis darem net R66. Die pad is heerlik om op te ry maar soooooo vervelig. Ek dink partydae ‘n slegte grondpad is lekkerder as ‘n goeie teerpad.

In elke dorpie wat omtrent elke 20 km is moet ons 50km/h ry en deur ‘n roadblock gaan. Ons raak nou slimmer! Aan die begin het ons in Engels verduidelik waar ons vandaan kom en waarnatoe ons oppad is, nou draai ons net die ruit af en se’ Jammer ek verstaan jou glad nie’ (in Afrikaans). Hulle besef hulle gaan nie ver kom nie en se net ‘Bye’

Ons begin al meer Masaai mense sien en die bokwagtertjies is skaars uit die doeke uit. Baie oulik met hulle rooi Masaai rokkies aan.

Na omtrent 500km van boring teerpad sien ons ewe skielik Tanzania se vlaktes! Ongelooflik mooi! En toe begin ons klim die berge in. Lake Manyara is so mooi. Ons soek kampplek by Karatu net buite die Ngorogoro Park en kry ‘n lekker plekkie by Kudu Camp Site vir $15 pppn.

Vandag (5 Julie) is ‘n rusdag en die bakkies word van hoek tot kant gewas. Op die oomblik pak almal kratte uit en daar hang al 3 rye wasgoed. Ons dink ons gaan vanmiddag ‘n Tombola tafel vir die Plaaslike bevolking hou om van die $%^%$ wat ons ten duurste gekoop het en nog nooit gebruik het nie, ontslae te raak.

Ek en Werner begin met skool en het ‘n goeie sarsie Graad 5 wiskunde agter die blad!

More gaan ons die park binne en ry tot by die Serengeti Plain.

Almal stuur groete en geniet julle comments. Ons kan so min of meer  die likes en die comments sien al kan ons nie antwoord nie

Ons is nou 7200 km van die huis af

No comments:

Post a Comment