Wednesday, 10 July 2013

Mwanza


Ek en Hendrik is die oggend vroeg YachtClub toe om uit te vind oor kampplek. Daar loop ons ons vas in Leon en Debbie Jonker. Suid Afrikaners wat in Mwanza werk. Hulle beveel aan ons gaan kamp by hulle ander Suid Afrikaanse pelle – Jan en Hannelie- by Tunza Lodge. Intussen bel Dollies om te se die trok kort aandag en Kobus het sy tweede pap wiel gehad. Leon bied aan om ons met alles te help. Hy gaan die trok regmaak, Kobus se bande uitsorteer en vir hom ‘n nuwe rim kry. Ons ry Tunza Lodge toe en kamp op die sand teen die meer onder die bome! Julle verstaan nie hoe mooi dit is nie. Dit voel of ons op ‘n eiland erens vakansie hou. Almal wil net help en ons kuier te jeerlik! Langs ons kamp mense van Rustenburg met presies dieselfde trok as Roelof en presies dieselfde probleme!

Laat die middag kom die res van ons spannetjie uiteindelik by Tunza aan en ons kuier tot Laaaaaat! Die volgende oggend begin Leon werk aan die trok en die girls besluit dis tyd vir mooimaak. Annalie kleur my en Kobie se hare terwyl ons op die strand sit! Na ‘n halfuur is ons met ons shampoo meer toe vir die afspoel. Ons lyk weer jonk en verf sommer ons naels en toonnaels en le bietjie in die son. Die res van die dag word daar net gele en niksdoen nie. Ons lees al ons comments op facebook en bel ‘n slag werk toe. Dankie vir julle comments. Elke keer as ek ‘n foto post kan ek nie wag dat my foon moet peep – peep met ‘n comment nie!

Die aand hou ons ‘n steakbraai vir al ons nuwe Suid Afrikaanse pelle! Dis amazing mense wat ons ontmoet het. As julle ooit wil kamp in Mwanza is daar net een plek – Tunza Lodge. Leon en Debbie help heeldag. Ons voel al skuldig! Leon se die trok sal nog ‘n dag moet bly en ons weet nie of ons te teleurgesteld is nie. Nog ‘n dag op ons eiland kan net lekker wees.

Op ons derde dag op ons eiland word daar bietjie reggepak en weer in die son gele! Ek kan gewoond raak hieraan! Op die oomblik is die mans in die dorp en vannaand maak ons potjie!

No comments:

Post a Comment