Na ‘n heerlike aand in die Protea Hotel in Kampala gaan soek
ons Mitshubishi en Toyota Garages. Dis tyd om die bakkies te diens. By Toyota
is hulle te besig om ons te help en ons ry net om die draai na Mitshubishi waar
die mense uit hulle pad uit gaan om ons te help.( Take note Toyota) Ons het al
die Toyota parte saamgery en hulle help ons dadelik en een van die personeel
vat ons dorp toe om ‘n paar goedjies te gaan koop. Hulle werk 'n hele paar uur aan die bakkie en vra ons R580!
Oppad Jinja toe ry ons ons in ‘n vreeslike verkeersknoop
vas! Daar is twee bane, maar ons ry 5 motors langs mekaar. Dollies sit en
Huisgenoot lees terwyl hy ry. Dit neem ons 2 ure om 800m te vorder!
By Jinja slaan ons kamp op op ‘n heerlike grasperk by Nile
River Camp langs die Nyl vir R130 per nag. Die Watsons slaap vir 2 nagte in
Wild Waters (‘n Upmarket Lodge rivier op)
Dit is 3 dae van die gewone kamp dinge. Wasgoed, Eet, Slaap,
Drankie of 2 en sommer lekker chill. Gelukkig is hier nou en dan WiFi sodat ek
met julle kan praat. En dis WARM!
Roelof en Roean is vroegoggend hier weg om te gaan River
Rafting doen en Vanaand gaan ons Tilapia (Vis) in die restaurantjie eet.
No comments:
Post a Comment