Ons het by Kirsten en Gerhardt gehoor van Lake Chala en wat
‘n lekker kamp. Aan die eenkant is Kilimanjaro en ander die anderkant die meer.
Dit is die lekkerste kamp sover. Geen ape, bobbejane of muskiete! Net ‘n
lonesome kraai wat ons in die oggende wakker raas. Daar is ‘n Restaurant en
baie skoon geriewe met warm water.
My tipe plek! Kameeldoring bome, lang geel gras ‘n vuurtjie
en nog ‘n volmaan ook. ‘n Mooi memory! En ons sien darem vining Kilimanjaro se
top.
Die ander vorder tot by Tsavo Natuurreservaat in Kenia.
Hulle is op die oomblik seker so 100km van ons af maar in ‘n ander land. Ons
sal mekaar seker weer oor so dag of wat in Mombasa kry.
Die volgende oggend weer oor die grens Kenia toe om die
ander in Malindi te kry. Na ‘n slegte grondpad, ‘n besige teerpad, en ‘n nat
grondpad kry ons die ander in Malindi. Ons ry 10m bo seevlak en sien die see
vir die eerste keer in 69 dae – 18100km van die huis! Ons is teleurgesteld met
die feit dat die kus van Kenia glad nie voorsiening maak vir kampers nie! Die
kampplekke op die GPS bestaan nie een meer nie. Op die ou einde kamp ons by KFS
(Kenia Forest Service). Baie lekker kamp, maar ons wou so graag by die see
kamp!
Die oggend gou dorp toe en die Aucamps en van Dolderens ry langs die kus af. Na nog ‘n lang soektog book
ons maar by Simba en Oryx Cotaages in vir die nag. Baie lekker plekkie. Ons
braai ‘n paar tjoppies met braaibroodtjies. More Tanzania toe terwyl die
Watsons gou iets aan die bakkie laat doen. Ons wil gaan soek na die prentjie in
ons kop van kamp by die see onder die palmbome.
So ‘n uur se ry na Mombasa oor die ferry en nog so uur na
Tanzania se grens. Die pad aan Tanzania se kant is ‘n pragtige teerpad, maar
daarmee saam kom die speedtraps en spoedwalle. Nie lank nie en die speedcop
spring voor die trok in. Na ‘n lang storie van hoeveel moeilikheid hulle al
gehad het en sy arme vrou wat ‘n week laas gestort het en die kinders wat elke
dag in trane uitbars, laat gaan die speedcop hulle met trane in sy oe!
Ons ry vol verwagting na Peponi Beach Resort wat volgens die
GPS ‘n kampplek op die see het. Die laaste 26km is weer ‘n terrible grondpad,
maar ons kry uiteindelik ons kampplek op die see onder die palmbome! Die
Watsons sluit die aand by ons aan na ‘n heerlike aand in Hemingways in Malindi!
Ons kan ‘n slag al ons goed afpak en ‘n behoorlike kamp
opslaan. Die water is 30grade! Hendrik en Roean maak vir ons ‘n heerlike
hoenderpot.Langs ons slaan 4 locals ‘n tentjie op en begin hulle hifi inmekaar
sit! Ons verwag die ergste! Ons weet die Afrika musiek gaan enige oomblik die
branders stil speel. Die volgende oomblik begin Don Williams en Kenny Rogers se
The Gambler saggies speel. Ons monde hang oop. Dit was weird! Maar ‘n mens kan
ook net soveel Kenny Rogers (wat nou en dan vashaak) hanteer! En 7h00 die
oggend voel ons lus om vir hulle ons ipod te leen – net vir ‘n bietjie iets
anders vir ‘n slag.
Vandag beplan ons – Sometimes I sit and think and sometimes
I just sit! En Klippies se bladjies gaan pot toe!
More gaan ons met die boot uit om te gaan snorkel en op ‘n
eiland te gaan lunch!
Ek kry ook ‘n groot verassing. - ‘n email van Emilly Turinawe van Uganda. Ek
het vir haar van my baba truitjies wat ek gebry het gegee en sy laat weet my
haar seuntjie is gebore en sy stuur sommer foto’s ook! Dis nogal baie special.
Veral die bewoording van die email!
Hello friend.
Hope you are enjoying your trip.
Am happy for you having loved me when you met me at Gorilla
Friends camp site in Ruhija and gave me clothes for the baby
on 6th august,I gave birth to a baby boy and his first name
is Ahabwe.
Thank you so much you can view his photos.
Emilly.
No comments:
Post a Comment