Vanoggend vier ons Werner se 11de verjaardag. Ons gaan later
vandag op ‘n boot na ‘n eilandjie toe om te snorkel. Na ‘n heerlike verjaardag
ontbyt van flapjacks gaan soek ons vir ons snorkel gear uit en wag vir ons
boot. Daar is nog ‘n familie van Natal en ‘n honeymoon couple van England saam
ons op die boot. Na so 45min se ry stop ons om te snorkel. Nie die beste spot
nie maar ons sien ‘n paar mooi vissies en die water is heerlik warm.
Ons ry na ‘n klein eilandjie waar ons baie lekker hamburgers
vir middagete kry voor ons terug vaar na die land.
Die volgende oggend moet ons weer oppak na 2 baie lekker dae
om Dar es Salaam toe te ry. Na ‘n kort stukkie slegte grondpad ry ons verder
met ‘n lekker teerpad tot by die stad. Ons gaan soek ‘n Shoprite om ‘n slag kos
te gaan koop en toe met die ferry oor na net buite die stad om te kamp. Ons
kamp weer reg langs die see by Kipepeo Beach Village.. Die aand pak ons vir ons
klere vir 3 dae want moreoggend 6h30 kom die taxi ons haal hawe toe om die
ferry Zanzibar toe te kry.
Die oggend kry die taxi ons en dis eers weer oor die ferry
tot by die hawe. Ons betaal so R 400 per persoon vir die 2uur rut eiland toe op
n baie mooi modern ferry. Net voor ons vertrek verloor Kobus sy foon maar daar
is niks wat ons nou daaraan kan doen nie!
Hendrik raak maar redelik wit om die kiewe op die ferry maar
ons kom net betyds in Zanzibar aan. Kry ‘n taxi en gaan book by die Dhow Palace
Hotel in. Die Watsons het 7jaar terug ook hier gebly. Baie oulike hotel as
julle ooit in Zanzibar kom. Stonetown is baie besonders met die nou straatjies
en winkeltjies.
Ons spandeer 3 heerlike baie warm dae in Zanzibar. Ons shop
en eet en gaan leer bietjie oor spices op ‘n spice farm. Hendrik sien nie kans
vir die ferry terug nie en ons besluit om more terug te vlieg. Die vlug neem
20min en kos R600 per persoon.
Ons vlieg met ons Cesna
Grand Caravan terug Dar es Salaam
toe. Baie mooi vlug oor klomp eilandjies! Ons taxi kry ons by die lughawe en
ons kan nie wag om by ons kamp te kom nie. ‘n Uur later kom ons warm en moeg by
ons kamp uit en besluit om te gaan swem. My tipe see! So nou en dan ‘n brander
en die water so 28 grade!
Ons ry vroeg die volgende oggend net na ‘n ongelooflike
sonsopkoms. Ons wil kyk hoe ver ons kan vorder voor donker. Ons ry tot op Lindi
en probeer uitvind waar die beste is om oor die grens te gaan. Niemand weet
eintlik lekker nie en ons kort petrol maar ons geld is op en Lindi het net 1
ATM! Vir julle wat dalk deur Afrika wil toer – Kry tog n kaart met n pin wat
net 4 nommers het. Die plaaslike banke vat Visa maar net 4 pin nommers.
Gelukkig het Annalie n kaart met 4 pin nommers en trek sy vir ons geld vir
petrol.
Ons ry Masuguru toe om oor die Unity Bridge oor die grens te
gaan. Ons ry die laaste 55km grondpad en wonder of die grens ooit bestaan. Laat
middag kry ons die grens. In die middle van nerens kry ons ewe skielik ‘n bree
nuwe teerpad van 500m en dan die Unity Bridge! Weird besigheid! Maar dis Sondag
en die grenspos is toe. Vra eers vir die locals waar is die kantore om te gaan
uitvind hoe laat hulle oopmaak. Ons kry die baas voor die doeane gebou en die
is so gaaf hy se ons kan net daar kamp! Hy reel water en sluit ‘n toilet vir
ons oop. Gee vir ons ‘n wag en sluit die hekke agter ons. Ons kamp te lekker en
staan ewe op aandag toe hulle die vlag stryk vir die aand! Dis weer ‘n heerlike
29 grade en ons hang ons wasgoed voor die grenspos se gebou op!
Die volgende oggend maak hulle ons wakker toe hulle 5h30
weer die vlag kom hys! Die paspoorte en carnage word sommer gestamp terwyl ons
kamp opslaan. 8h15 Trek ons weg in Tanzania – ry oor die Unity Bridge- en kom
7h20 in Mosambiek aan. Ons is weer terug op SA tyd. Daar moet ons sit en wag
tot 9h00 voor hulle ons carnage kan stamp! Ons kort 3e party versekering maar
hulle se ‘no problem’ ons kan dit in Pemba koop.
Ons ry weer 500m op die nuwe bree teerpad en toe 180km op ‘n
verspoelde bospadjie.
Dis nou weer ‘n Nuwe Land / Nuwe Simkaart / Nuwe Padreels /
Nuwe Tyd en Nuwe Taal!
18h30 Kom ons in Pemba aan die kus van Mosambiek aan. Ons
kamp by die baie lekker Pemba Dive Centre en Campsite. Die volgende oggend
begin ons moeilikheid. Ons word gestop in ‘n roadblock en hulle wil weet waars
ons 3e party versekering! Hoe meer ons verduidelik die mense op die grens het
gese ons kan dit in Pemba kry hoe meer agressief raak hulle. Gelukkig kom daar
‘n Suid Afrikaner aan wat kan Portugees praat en hy verduidelik vir hulle.
Hulle se ons moet die versekering op die lughawe gaan koop en ‘n permit vir die
voertuie by die polisie gaan uitneem. Niemand in Pemba kan Engels praat nie!!!
Die mense by die lughawe weet nie waarvan ons praat nie en ons laai ‘n
sekuriteits mannetjie op om ons polisie toe te vat. Na ‘n lang verduideliking
aan ‘n polisieman wat 2 Engelse woorde ken kry ons aanwysings waar om die
versekering te kry en hy weet ook nou wat ‘n Carnage is!
Ons is nou goed gatvol en besluit om nie die 3 dae by ‘n
huis drie ure Noord van daar te gaan bly soos ons beplan het nie. Ons kamp weer by Pemba Dive village en
besluit ons ry die volgende dag so ver soos ons kan Suid!
Vandag ry ons ver en dis warm en ons weet nie eintlik
waarheen ons oppad is nie. Dis gelukkig ‘n mooi landskap met graniet koppies.
Oppad kry ek die volgende sms van die man by Tanzanie se grenspos waar ons
gekamp het.
‘Glory to God that you have arrived safely at Pemba. We are
very grateful for the gifts you gave us. We had a brief but very joyous moment
together. We shall always remember you. God bless you our Mzungu friends’
Die trok breek ook vandag sy eie spoed rekord op ‘n baie
lang afdraand! Nuwe rekord 134km/h. Baie geluk Roelof. Ons is so trots op jou!
17h00 Sak die son in Mosambiek en ons kom donker in Mokuba
aan. Ons bly by Mokuba Villas. Heel skaflik. Ons gooi sommer klaar petrol in
want more het ons 1000km tot in Vilanculos.
Die volgende oggend 5h00 trek ons weg. Dit word ‘n lang dag
en ek en Hendrik ry vooruit. 260km Voor Vilanculos kry ons ‘n ry van seker 7
trokke voor ons en toe die trok voor ons die ander begin verbygaan val ons
agter hom in en kan nie glo dat ons so maklik by al die trokke verbykom sonder
verkeer van voor! Toe ons die laaste trok verby is trek ‘n bakkie met 2
gewapende army ouens agterop voor ons in en wys ons moet in die ry inval! Toe
besef ons eers ons is actualy in ‘n konvooi!
Baie frusterend, want die konvooi ry teen 80km/h en jy mag nie verby
gaan nie! ‘n Ent verder is ons oor ‘n tydelike brug. Die oorspronklike brug is opgeblaas
en dit wemel van die Polisie. En om te dink ons was skrikkerig vir Noord
Afrika! Langs die pad is die army besig om landmyne te soek. Na 120km is ons
uiteindelik uit die konvooi en ons kom laat middag in Vilanculos aan. Bly by
Archipelago Resort. Eet aandete en gaan slaap na ‘n lang dag op die pad.
Vanoggend is nie lekker nie! Ons moet die ander groet! Na
ons laaste ontbyt saam ry die Aucamps Xai Xai toe. Dis maar stil in die bakkie
en my oe traan vreeslik. Moet seker maar van die stof wees….
More gaan ons Suid
Afrika binne na 83 dae! Dit was ‘n ongelooflike ondervinding!
No comments:
Post a Comment