Die oggend vroeg gaan Hendrik Toyota toe om uit te vind of
hulle hom kan help met die 4x4 terwyl ek by die Haili Resort wag. Ek gee glad
nie om nie, want dit is ‘n heerlike hotel met wifi. Die hotel behoort aan die
atleet Haili Gabri Selassie en die prys is baie billik vir ‘n 5 ster hotel.
Toyota het nie die part wat ons soek nie en ons ry Addis
Ababa toe. 60km Voor Addis begin die verkeer. Dit is ongelooflik hoe baie
motors, mense en diere op die hoofpad is. Ons sukkel voort tot by ‘n hotel waar
ons wil bly. Daar gekom besluit ons ons sal ‘n ander hotel moet soek. In Addis
se verkeer is dit nie grappies nie. Ons kry plek by Semen Hotel. Nie wafers
nie, maar darem skoon! Moreoggend moet ons Toyota en Izuzu toe.
Na ontbyt durf ons weer die verkeer aan. Die een oomblik se
die GPS Toyota is 31km – Die volgende oomblik ‘arrive in 1184km!’! Ons bereik
nuwe hoogtes – 2935m bo seevlak – en dit in Addis Ababa! Addis is die derde
hoogste hoofstad in die wereld.
Ons probeer weer. Ons ry 4 keer verby ons hotel voor ons die
regte pad kry! Roelof, met ‘n kamptige gids’, vaar nie veel beter nie.
Uiteindelik staan ons voor Toyota. Hulle is weereens
ongelooflik behulpsaam en help ons dadelik. Terwyl hulle aan die bakkie werk
loop ek bietjie rond en verkyk my aan hoe groot ‘n garage kan wees. Daar word
112 motors gelyk gediens terwyl daar so 200 buite staan en wag. Hulle parte
afdeling is groter as die hele Loerie Toyota op George! Die hoof van die
Diensafdeling trek sommer self ‘n jassie aan en begin aan die bakkie werk. Die
part wat ons nodig het kos R31 000.00 en kan oor 3 maande daar wees! Hy
haal die part af – wikkel hier en daar – en verduidelik vir 5 mechanics hoe die
ding werk en hoekom hy nie werk nie. Sit alles terug en jipee – Ons het weer
4x4 vir R400.00!
Nou wil ons net so gou as moontlik uit Addis kom. Weer 60km
deur die verkeer oppad na Awash National Park.
Ek het blykbaar ‘n paar mense laat worry met my bewoording
‘Vlug uit Addis’ Ons wou net uit die verkeer kom. Julle verstaan nie hoe
vriendelik en behulpsaam die mense is nie. Wild vreemde mense val oor hulle
voete om jou te help! Roelof het by ‘n ATM gestaan met ‘n ry van 20 mense. Die
volgende oomblik stop almal en staan opsy sodat hy kan geld trek. Kobie wou
iets by ‘n juwelier koop. ‘n Vreemde man verduidelik waar die beste plek is en
Kobus bly in die bakkie terwyl sy die juweliersware gaan haal en bakkie toe
neem vir Kobus om te kies. Selfs die taxis is 99% van die tyd behulpsaam al ry
hulle soos jaagduiwels. Orals in die verkeer draai hulle vensters af en vra uit
en gesels.
Ons kom redelik gatvol by Awash National Park uit en verwag
nie veel nie, maar word aangenaam verras. By die Awash Falls Lodge het hulle
vir ons kampplek vir R250 reg langs die watervalle. Baie mooi! Die lodge
bestaan uit huisies langs ‘n rivier met ‘n restaurant. Ons besluit om by die
restaurant te gaan eet. Hulle dek vir
ons ‘n tafel buite en steek vir ons ‘n kampvuur aan. Die kos is soooo lekker en
goedkoop. Hulle bring kort – kort vir jou tradisionele koffie op die huis.
Selfs by jou kampplek.
Dis oggend en vandag word daar skoongemaak. Die hele bakkie
word afgepak en met seep en water gewas. Ons laat was al ons klere,
beddegoed en handdoeke. Behalwe vir die
2 mak volstruise is hier WEER bobbejane wat kort kort ons goed kom steel. As
enige van julle ‘n trip in Afrika beplan – bring ‘n paintball gun saam! Hulle
skrik nie meer vir stokke of kettys nie.
Hier is ongelukkig nie wifi nie en ek dink nie ons gaan gou
weer internet he nie. Ethiopie is ver agter die res van Afrika wat internet
betref.
Van hier gaan ons na Harar. ‘n Antieke stad met ‘n muur om.
Dan weer terug hierheen vir een aand voor ons verder Noord gaan om na die kerke
te gaan kyk.
Groete aan almal en dankie dat julle ons reis volg en oor ons
worry!. Dis lekker om ons ervaringe met julle te deel. Xxxxx Dankie ook aan al
die mense van Watsons Meat, Margo Swiss en Eden Aluminium dat ons so lekker kan
vakansie hou terwyl julle so mooi na ons besighede kyk. Ons waardeer dit regtig
baie!
Die oggend vroeg ry ons Harar toe op ‘n baie mooi teerpad.
Dis bergpas op en bergpas af. Ons ry die heeltyd bo 2000m bo seevlak. Oppad gaan ons verby 'n konvooi van 'army tenks'. Weet nie waarheen hulle oppad is nie. Hopelik nie erens op ons roete nie!
In Harar bly ons in die Plaza Hotel. Seker gelykstaande aan ons 1 ster, maar dis maar Afrika. Ons trek geld en gaan eet aandete met ‘n tuk-tuk. Dit bly maar die beste manier om in Afrika te travel. Kos maar so R15. Ons kry ‘n gids om ons die volgende oggend die antieke stad te gaan wys vir R400 vir almal saam. Ons rekening by die restaurant is R450 vir 8 mense en ons het lekker gee et!
In Harar bly ons in die Plaza Hotel. Seker gelykstaande aan ons 1 ster, maar dis maar Afrika. Ons trek geld en gaan eet aandete met ‘n tuk-tuk. Dit bly maar die beste manier om in Afrika te travel. Kos maar so R15. Ons kry ‘n gids om ons die volgende oggend die antieke stad te gaan wys vir R400 vir almal saam. Ons rekening by die restaurant is R450 vir 8 mense en ons het lekker gee et!
Die oggend vat ons en die gids die tuk-tuks na die ou stad.
Wat ‘n belewenis! Dit is ‘n World Heritage Site, maar dit kort aandag as hulle
dit wil bewaar vir die nageslag. Die stad is 1000 jaar oud met die nuutste
gebou 150 jaar oud. Die geskiedenis is geweldig interesant en mens moet maar
verby die vuil kyk om dit te waardeer. ‘n Paar van die belangrikste geboue word
darem gerestoreer. Die stad is omring met ‘n muur van ‘n 1000 jaar oud met 5 ingange
(Gates). Binne die muur is dit ‘n miernes van mense en diere! Nie een oomblik voel jy onveilig tussen die
duisende mense nie. Vanaand gaan ons kyk hoe hulle die hyenas voer. Die hyenas
kom al vir vir honderde jare elke aand in die stad in en maak basies die strate
skoon. Daar is blykbaar so 60 hyenas wat in die aand van die omgewing in die
stad inkom en hulle is al gewoond aan die mense. Die gids se ons moet net in
die middle van die straat loop, want die hyenas loop langs die kant. Daar is
spesiaal opening in die muur gemaak sodat die hyenas in die stad kan kom.
No comments:
Post a Comment