Wednesday, 24 July 2013

Kenia oppad na South Horr
 
 
 
Samburu vroue
 
Lake Turkana op die agtergrond
 
Kenia is ongelooflik mooi
 

Jinja na Samburu National Park


Die Tilapia vis wat ons gisteraand ge eet het was die lekkerste vis  wat ons in n lang tyd ge eet het!

Ons pak die volgende oggend ons kampie op en wag vir die Watsons om die pad weer aan te vat na Kisumu. Op die grens na Kenia loop alles vlot en kos ons R250. By die grens kom ‘n man met ‘n kierie (Martin) aangestap en sort al ons papier werk uit. Vra nie eers geld nie. Die mense is weereens baie vriendelik en Martin kry ‘n lekker tip. Ons ruil geld R1 = 8 KES.

Oorals langs die pad kry ons kinders in skoolklere. Suid Afrika kan bietjie tips kom vang oor hoe kleurvol skoolklere kan lyk! Die gewildste kleure is pienk, helder groen, pers en helder geel.

Ons kom so 18h30 in Kisumu aan en dis ‘n heerlike 30 grade. Die Impala sanctuary waar ons wou gaan kamp het is heeltemal te duur en ons ry na Kisumu Beach Resort. Baie primitief maar goedkoop. Opvallend van Afrika is dat almal wifi het! Ons kamp onder ons eerste sausage tree en vir ‘n oomblik oorweeg ons om die vrugte/sade van die sausage tree in ons neuse te druk om te gaan piepie! Piepie maar langs die bakkie.

Die volgende oggend maak ons ons watertenks vol by die Coca Cola fabriek. Hulle het ‘n kraan vir die locals buite die fabriek om drinkwater te tap. Van daar gaan doen ons shopping in Kisumu. Ons dag begin nie goed nie!! Terwyl ons in die supermark is breek hulle by die trok in en steel al die laptops, GoPro, Flashdrives en Backup drives. Toe eers polisie toe ens.! Aardse goed, maar sooo sad! Die trok kan nou nie sluit nie en Roelof hulle moet agterbly om nuwe slotte te kry terwyl ons aan ry Njoro toe.

Ons ry weer met verlangende oe en kyk na die nuwe teerpad in wording langs ons! Die Chinese is baie besig met paaie in Afrika en hulle doen ‘n ordentelike job. Ons sukkel maar aan tussen die potholes en padwerke voort tot by Kembu Campsite by Njoro. Oppad na Kembu begin ons die mooiste Tee plantasies kry en kry weer laat middag ‘n bietjie reen. Kembu is ‘n pragtige kampplek op ‘n boer se plaas met pragtige grasperke en bome. Ek moet my woorde terugtrek – Geen WiFI!. Hier is dit weer soos winter – 15 grade en nat! Braai lekker vark ribbetjie en gaan slaap vroeg. Ons slaappatroon word bepaal deur die son. Ek het nog nooit in my lewe so vroeg gaan slaap nie! 20h15 is ons in die bed!

Die volgende oggend vroeg ry ons Archers Post toe. Die eerste deel van die pad is maar sleg maar word later beter.  Maar dit is baie mooi! Groen en baie heuwels. Ons ry gemiddeld bo 2000m bo seevlak en dit bly maar koud. Daar is ongelooflik baie groot skole en Universiteite in die heuwels om Kisumu. Ons gaan weer oor die ewenaar en stop vir ontbyt. Ons kom dieselfde tyd daaraan as omtrent 20 Japannese op ‘n Afrika Toer. Toe ons die sykant van die canopy afslaan begin die geskarrel. Hulle sak op ons toe en begin fotos neem! Hulle kan nie glo ons slaap bo op die bakkies nie en ons kombuisie fassineer hulle. Ons voel soos celebraties en moet heeltyd pose vir foto’s HaHa! Ons ry vandag 3 maal oor die ewenaar!Die pad Nanyuki toe is goed en op die Marsabit / Moyale hoofpad kry ons ons eerste kamele.

Ons het vandag van 2500m bo seevlak na 800m gedaal en nou is dit weer 33 grade. Ons is nou weer in ‘n woestyn landskap met platkroon akasia bome.

 By Archer’s Post soek ons kampplek buite die Park, maar dis maar skraal. Na ‘n bietjie mooipraat kry ons afslag om in die Samburu National Park te gaan kamp. Al die Nationale Parke in Afrika is baie duur en die geriewe is glad nie goed nie. Ons sien  die Gerenuk bokke ( Gazelle – Giraffe). Bok met ‘n lang nek.

Ons slaan kamp op langs ‘n rivier en toe kom die wind! Ons sit vir 2 dae in die wind en die bobbejane steel ons kos! Ons het ‘n wag met ‘n geweer in die nag en in die dag sit Julius op een van ons kampstoele en jaag die bobbejane weg! Seker ook maar deel van die avontuur! Die van Dolderens het gevorder tot by Nanyuki en ons gaan hulle langs die pad kry oppad na Maralal.

Ek het te gou gepraat – Kenia is nie groot op WiFi nie.

Thursday, 18 July 2013

Fotos

 
 
 
 
Kampala
 
 

Jinja


Na ‘n heerlike aand in die Protea Hotel in Kampala gaan soek ons Mitshubishi en Toyota Garages. Dis tyd om die bakkies te diens. By Toyota is hulle te besig om ons te help en ons ry net om die draai na Mitshubishi waar die mense uit hulle pad uit gaan om ons te help.( Take note Toyota) Ons het al die Toyota parte saamgery en hulle help ons dadelik en een van die personeel vat ons dorp toe om ‘n paar goedjies te gaan koop. Hulle werk 'n hele paar uur aan die bakkie en vra ons R580!

Oppad Jinja toe ry ons ons in ‘n vreeslike verkeersknoop vas! Daar is twee bane, maar ons ry 5 motors langs mekaar. Dollies sit en Huisgenoot lees terwyl hy ry. Dit neem ons 2 ure om 800m te vorder!

By Jinja slaan ons kamp op op ‘n heerlike grasperk by Nile River Camp langs die Nyl vir R130 per nag. Die Watsons slaap vir 2 nagte in Wild Waters (‘n Upmarket Lodge rivier op)

Dit is 3 dae van die gewone kamp dinge. Wasgoed, Eet, Slaap, Drankie of 2 en sommer lekker chill. Gelukkig is hier nou en dan WiFi sodat ek met julle kan praat. En dis WARM!

Roelof en Roean is vroegoggend hier weg om te gaan River Rafting doen en Vanaand gaan ons Tilapia (Vis) in die restaurantjie eet.

 

Tuesday, 16 July 2013

Gorillas

 
 
 
 
 
 



 
 



Bwindi tot Kampala


Ons is redelik maklik en goedkoop deur Uganda se grens (R250 – 52 000 Uganda shilings). Nou ry ons weer aan die linkerkant van die pad en ons horlosies word weer ‘n uur aangestel. Ons trek geld en begin ry na die reenwoude.

Dit is die een bergpas na die ander. Elke stukkie grond word bewerk. Jy kan nie glo dat hulle teen sulke hellings en so hoog hulle landerye maak nie. Ons bly klim tot ‘n hoogte van 2525m bo seevlak en draai op ‘n nou grondpadjie af na die Bwindi Inpanetrable Forest. Ons kry ons eerste reen vandat ons van die huis af weg is.Op een draai moes ons ‘n boom omtrek sodat die trok kan deurkom! Dit raak donker en ons weet nie waar ons is nie. Ons kry ‘n kampplek wat deur die gemeenskap besit word en slaan in die donker kamp op. Ambrose is die bestuurder van die kamp en ons is aangenaam verras! Dit is ‘n mooi netjiese kampplek met warm storte vir R300 per nag ontbyt ingesluit.

Die volgende oggend vra ons vir Ambrose wat daar is om te sien aangesien ons nie permitte het vir die Gorillas nie. Hy se die wat wil Gorillas sien moet die volgende oggend 7h30 reg wees en hy sal kyk wat hy kan doen. Ek en Kobie besluit ons gaan die kans vat en pak vol verwagting vir ons rugsakkies en slaap omtrent niks nie. Die volgende oggend kry ons ‘n lift saam met mense van Engeland na die kantore. Ons gaan sit eenkant en besef daar is te veel mense – ons gaan nooit plek kry sonder ‘n bespreking nie. Ambrose se net : You sit and look like you belong! As ‘n gids ons vra in watter groep ons is antwoord ons net iets in Afrikaans en wag vir Ambrose wat in die kantoor besig is om iemand se arm te draai. Uiteindelik kom Ambrose terug en se ons moet kantoor toe kom. Hy se as ons $500 betaal kan ons gaan. Ons moet net ons paspoorte wys  - wat by die kampplek le. Ambrose verduidelik weer vreeslik en se ons moet net betaal – ons kan later die paspoort nommers vir hulle stuur. Buite begin die klomp uitlanders ons al snaaks aankyk want ons lyk nie eintlik of ons belong nie! Al die mense het ‘n jaar terug al bespreek en $750 betaal. Toe die gids vra in watter voertuig ons ry antwoord ons weer in Afrikaans en Ambrose druk ons by ‘n taxi in.

Ons is oppad om die Gorillas te gaan kyk en Kobie haal sommer 2 tissues uit. Die trane sit vlak! Ons ry so 2km. Stop en gaan in die bosse in. Dit is ‘n stywe klim en jy raak vining moeg van die lugdruk. Na ons so 40 min gestap het, kom die trackers van voor af en se die Gorillas is so 200m verder. Ons moet ons rugsakke en stapstokke los en verder loop. Die volgende oomblik sien jy hulle waar hulle heel rustig onder die bosse sit. Dis regtig ongelooflik. Hulle is heeltemal gewoond aan mense en ons loop tot so 5m van hulle af. Op ‘n stadium het ek in een se pad gestaan wat wou verby kom en sy is seker ‘n meter van my af verby! Die silverback (Groot mannetjie) is enorm groot maar skaam vir die kamera! Ons het so uur en ‘n half by hulle gebly en toe moes ons terug. Dit was die R5000 oor en oor werd!

Die middag hou ons die plaaslike vrouens dop wat ‘n ete voorberei vir die hele gemeenskap en die mense daag op in pakke klere! Hulle is ongelooflik vriendelik en verduidelik hoe hulle kook en laat ons aan alles proe. Terwyl ons by die Gorillas was het hulle blykbaar daar in die kamp hulle bok en 2 hoenders geslag. Die kinders kry ‘n Living Ball en speel heeldag sokker en ek deel my baba truitjies en beanies wat ek gebrei het uit.

Die gemeenskap dra ons op die hande en ons kan nie genoeg van die babas kry nie!

Die volgende oggend ry ons weer deur die woud terug en vat die pad Kampala toe. Ons is nou 8650km  en ‘n maand van die huis af.

By Kabale gaan ek en Hendrik Barcleys Bank toe om te prober Dollars kry. Die Gorillas het ons budget bietjie deurmekaar gemaak. Die vriendelike man daar reel vir ons dollars en ons ry 2 blokke verder  om gou ‘n simkaart te koop. Toe ons omkyk staan Mnr Barcleys Bank uitasem agter ons met ons kredietkaart in die hand. Hy het agter ons aangehardloop met die kaart!

Na Kabale slaan ons weer die potholes. Gelukkig het ons radios sodat die ander wee tons is nie weg nie – ons is net in ‘n pothole! Al verskil tussen hulle potholes en Suid Afrika s’n is hulle maak hulle s’n reg. Oorals word daar nuwe paaie gebou. Die volgende oomblik is die pad weer mooi en ons vorder goed. Half vyf die middag is ons by die ewenaar en ‘n man demonstreer hoe die water in die Suidelike Halfrond antikloksgewys uitloop en in die Noordelike Halfrond kloksgewys. Reg op die ewenaar draai die water glad nie en loop net reguit by die gatjie uit.

Skemer kom ons in Kampala aan en slaan die ergste verkeer wat ek in my lewe nog gesien het. Dis mense, motorfietse, busse en karre! En ons kry nie ons hotel nie. Die volgende oomblik trap die tannie voor ons rem en sy word getref deur ‘n V6 Toyota! Ons stop Kampala se verkeer en probeer vir haar verduidelike ons sal nie wegjaag sonder om te betaal nie! Sy ry saam met ons Protea Hotel toe en sy laat kom haar mechanic on ;n kwotasie te kom gee. Na so uur settle ons op $500 en almal kry ‘n koeldrank! Die verklarings word op ‘n stuk papier geskryf en die verkeersman ( baie vriendelik en behulpsaam) teken as getuie. Haar kinders kry ‘n living ball en almal is pelle!

Ons eet 22h00 aandete – stort – en gaan slaap.

More ry ons Jinga toe vir ‘n paar dae se kamp

 

Saturday, 13 July 2013

Rwanda


Na ons potjie die vorige aand, is dit vroeg bed toe. Vroeg die volgende oggend is ons gou vir oulaas na Leon se workshop vir ‘n paar laaste reperasies en toe vat ons die pad Biharamulo toe. Die plantegroei verander weer en dit raak meer bergagtig.

By Biharamulo ry ons agter die GPS aan na Boma Guest House. Ons ry eers ‘n paar keer verby die plek voor ons besef ons is op die regte plek. Dis ‘n ou klooster waar jy kan slaap. Was jare terug ‘n fort en ek dink nie daar is iets gedoen aan die plek in die laaste 30 jaar nie, maar dis Afrika! Die meisie wat daar werk is vriendelik en behulpsaam en vir R30 pppn kuier ons baie lekker. Hendrik en Kobie is die enigste wat kans gesien het vir die koue stort!

Van daar is dit so 200km na die grens van Rwanda. Ons ry op ons eerste ferry oor Lake Victoria en toe weer ‘n teerpad vol potholes! Net voor die grens kry ons die UN se konvooi. Impressive! Seker ‘n kilometer lang ry van UN voertuie oppad na die DRC. Alles gaan vining en sonder voorval by die grens en ons ry oor die Kagera rivier tot in Rwanda. Die grenskruising is ook baie maklik en VERNIET! Tot Kobus ontdek hy het nie amptelik Tanzania verlaat nie… Dit kos hom terugstap Tanzania toe om sy paspoort te laat stamp!

Nou ry ons aan die regterkant van die pad. Ek skrik my elke keer boeglam as die motors aan my kant verbykom met ‘n helse spoed – en ek kan nie uitswaai nie!

Rwanda is ongelooflik mooi en skoon! Die paaie is in ‘n uitstekende toestand en die winkeltjies langs die pad is netjies. Geen honed en papiere en ander diere op die pad nie. Die spoedbeperking is 60 km/h deur die hele land, maar jy kan nie eintlik vinniger ry nie. Dit is baie bergagtig en die landerye is oorals teen die berge gemaak. Hoofsaaklik piesangs en hier en daar rys.

Kigali is ‘n baie mooi groot modern stad.Petrol kos R16/l. Ons soek die toeriste kantoor, maar die het geskuif en ons besluit om na die Ntarama kerk buite Kigali te gaan. Hier is 5000 vermoor in die Volksmoord van 1994. Dit was onstellend maar ek is bly ek het dit gesien. Die skedels en beendere word in die kerk bewaar. Toe ek die gids vra of hy ‘n Hutu of ‘n Tutsi is, antwoord hy : Hy was ‘n Tutsi wat die Volksmoord oorleef het maar Hutu’s en Tutsi’s bestaan nie meer nie. Almal is nou “Rwandians”. Suid Afrika kan bietjie kom leer van vergewe en vergeet en aanbeweeg!

Van daar na Ruhengeri langs die woude. Ons gaan soek ‘n plek om te slaap en loop 5 Amerikaners raak wat al 3 jaar in Rwanda werk. Ons ontmoet hulle by ‘n lodge 2180m bo seespieel wat oor die mere uitkyk. Ongelooflik mooi maar R12000.00 pppn!. Ry maar terug dorp toe en slaap by ‘n hotel wat meer ons sak pas!

More gaan ons Uganda toe. Rwanda het my beindruk!

Wednesday, 10 July 2013

Fotos

Masaai met sy beeste

Kobie en Linda met die Ngorogoro Krater in die agtergrond
 
Shit happens!
 
Roelof en Roean kap ys vir ons drinks

Debbie en Leon Jonker - Ons lifesavers!

 
Haarsalon op die waterfront
 
So was mens hare in Afrika

Roean facebook met sy pelle






 


 
 
 
 

Mwanza


Ek en Hendrik is die oggend vroeg YachtClub toe om uit te vind oor kampplek. Daar loop ons ons vas in Leon en Debbie Jonker. Suid Afrikaners wat in Mwanza werk. Hulle beveel aan ons gaan kamp by hulle ander Suid Afrikaanse pelle – Jan en Hannelie- by Tunza Lodge. Intussen bel Dollies om te se die trok kort aandag en Kobus het sy tweede pap wiel gehad. Leon bied aan om ons met alles te help. Hy gaan die trok regmaak, Kobus se bande uitsorteer en vir hom ‘n nuwe rim kry. Ons ry Tunza Lodge toe en kamp op die sand teen die meer onder die bome! Julle verstaan nie hoe mooi dit is nie. Dit voel of ons op ‘n eiland erens vakansie hou. Almal wil net help en ons kuier te jeerlik! Langs ons kamp mense van Rustenburg met presies dieselfde trok as Roelof en presies dieselfde probleme!

Laat die middag kom die res van ons spannetjie uiteindelik by Tunza aan en ons kuier tot Laaaaaat! Die volgende oggend begin Leon werk aan die trok en die girls besluit dis tyd vir mooimaak. Annalie kleur my en Kobie se hare terwyl ons op die strand sit! Na ‘n halfuur is ons met ons shampoo meer toe vir die afspoel. Ons lyk weer jonk en verf sommer ons naels en toonnaels en le bietjie in die son. Die res van die dag word daar net gele en niksdoen nie. Ons lees al ons comments op facebook en bel ‘n slag werk toe. Dankie vir julle comments. Elke keer as ek ‘n foto post kan ek nie wag dat my foon moet peep – peep met ‘n comment nie!

Die aand hou ons ‘n steakbraai vir al ons nuwe Suid Afrikaanse pelle! Dis amazing mense wat ons ontmoet het. As julle ooit wil kamp in Mwanza is daar net een plek – Tunza Lodge. Leon en Debbie help heeldag. Ons voel al skuldig! Leon se die trok sal nog ‘n dag moet bly en ons weet nie of ons te teleurgesteld is nie. Nog ‘n dag op ons eiland kan net lekker wees.

Op ons derde dag op ons eiland word daar bietjie reggepak en weer in die son gele! Ek kan gewoond raak hieraan! Op die oomblik is die mans in die dorp en vannaand maak ons potjie!

Sunday, 7 July 2013

WiFi

Ek dink dit gaan 'n rukkie wees voor ek weer WiFi gaan he om fotos te laai. Stuur 'n friend request na ons Afritrio 2013 facebook group om aan te sluit. Ek laai die fotos daar.

Van Karafu


4hoo Die volgende oggend begin die gesingery van een of ander geloof oor ‘n luidspreker reg langs die kamp. Die volgende oomblik is die hele distrik se honde wakker en prober harder blaf as die singende man. Toe die singer stop en die honde bedaar begin die kraaie! Teen die tyd is almal wakker en 6h30 ry ons Ngorogoro toe. 7h00 Staan ons voor die hek saam met seker 30 Land Cruiser bakkies vol toeriste. Ons betaal R 1700 per person om in die park in te gaan! Ons ry in ‘n digte woud in en begin klim tot 2401m. Dit is koud en mistig, maar die volgende oomblik le die krater voor ons. Werklik ‘n ongelooflike gesig. Ons ry tot onder in die krater en sien baie diere. Die diere in die Krater is die makste diere wat ek nog gesien het. Jy moet omtrent jou venster afdraai en die sebras ‘n hou op die boud gee voor hulle uit die pad loop.Ongelukkig is die pad uit die krater toe en moet ons die hele pad terugry om Serengeti toe te gaan.

Ons ry weer tot bo en soos ons weer daal le die Serengeti voor ons. ‘n Grasvlakte so ver soos jy kan sien. Ons begin ry en slaan die ergste sinkplaat pad wat ek in my lewe nog gery het! 150km daarvan.  Dit bederf eintlik die hele ondervinding want daars nie ‘n manier wat jy na die natuur kan kyk nie. As jy wegkyk is jy van die pad af. Asof dit nie erg genoeg is nie is daar honderde Land Cruiser’s vol toeriste wat teen ‘n verskriklike spoed van voor af kom. Hulle ry in die middel van die pad en ry ons onder die klippe.

Uiteindelik kom ons by die hek aan en moet weer R1200 per person betaal! Die personeel is maar redelik nors. Op die pad kry ons ook ons eerste pap wiel. Kobus slaan ‘n klip en die band en rim sien sy dinges!

Nou weer sinkplaat tot by ons kamp! Daar gekom kyk ons die toilette een kyk en besluit dit gaan nie werk nie! Haaglik! Ons begin ‘n ander kamp soek en kamp by Tumbili.( Nie veel beter nie ). Die Aucamps besluit om die volgende dag Mwanza toe te ry terwyl die ander nog ‘n aand in die Serengeti gaan slaap.

Die volgende oggend vroeg ry ons om eers diere te gaan kyk oppad na Mwanza. Die Serengeti is ongelooflik mooi, met BAIE diere, maar die pad en die geriewe maak dit by tye onaangenaam. Na nog 135km van sinkplaat is ons uiteindelik op teer.

Mwanza is die tweede grootste stad in Tanzania en langs Lake Victoria. Die verkeer is erg en vir die van julle wat gewonder het :Mens kan vir jou ‘n hout enkelbed gaan koop en hom met jou fiets huis toe vat! Ons wil by die Yactclub kamp, maar daar is ‘n troue aan die gang en ons besluit om by die Ryan’s Bay Hotel te bly. Dit is ‘n baie mooi Hotel met goeie diens,wifi en vriendelike personeel. Ons aandete buite op die stoep langs die meer was Heerlik! Ons waiter Betty kon glad heel skaflik Afrikaans praat! En hulle verkoop Klipdrift! Dankie John en Betty!

More skuif ons Yachtclub toe en wag vir die ander. Hoop hulle kom veilig hier aan.

Fotos

Ek en Werner langs Lake Malawi
 

Annalie en ek gaan swem in Lake Malawi
 

Kobus mis sy gholf
 

Roelof saam met sy nuwe vriende

Die mans swem by Ruaha saam met die seekoeie
 

Olifante in Ruaha

Deel living balls uit aan die padwerkers

Naaldwerkster in Iringa

Kobie skeer met 'n glas wyn
 
Leeus in Kuaha

Ons kamp langs 'n rivier in Kuaha
 

Hippo

Toyota in Iringa het gou ons airfilter skoon geblaas

Wat gaan by die werk aan?
 



Hendrik maak pap en wors vir ontbyt

Ek en Werner doen Graad 5 wiskunde

Ag Moeder!

Ngorogoro
 
Dis mos die lewe
 
 
Serengeti
 
 
Serengeti
 
Ek se maar liwers niks
 
 
Hippo nes!