Saturday, 7 September 2013

Suid Afrika


Die oggend 7h00 ry ons uit Xai Xai uit. Vandag is Hendrik se verjaardag en hy wil die Springbokke sien speel in Suid Afrika. Ons is so 300km van die grens en ry op ‘n Lucky Packet pad soos Hendrik dit noem! Potholes! Jy weet nie wat jy kry voor dit te laat is om uit te swaai!

Uiteindelik kom ons in Massingir se Park ingang en betaal omtrent R700 vir wie weet wat. Ek stel ook nie eintlik belang nie. Die rugby is 12h00! Ons ry 80km/h in die park waar jy eintlik net 20km.h mag ry. Al diere wat ons sien is ‘n patrys wat oor die pad moes hardloop vir sy lewe! Die volgende oomblik is daar ‘n boom voor ons en ons stop in ‘n stofwolk . 2 Wagte moet 2min wag vir die stof om te gaan le voor hulle na die bakkie toe aanstap.

Wag: Jo! But you come fast!

Hendrik : How fast may I drive

Wag : Only 20. This is a Park

Hendrik : Where’s the Park? Am I in a Park? Is it a park for people or animals?

Wag : Animals

Hendrik : Where’s the animals?

Wag : In the bush

Teen die tyd kan ek my lag nie meer hou nie en draai my gesig weg na my ruit toe. Ek druk my voorkop teen die ruit en sien hoe my lag trane teen die ruit afloop.

Hendrik : No man. If there was animals to look at I will drive slow.

Wag : You must go slow

Hendrik : Lig daai boom ou maat. Ek verjaar en die rugby gaan begin.

And tell the boss he must bring animals then the people will drive slow. OK?

Wag : OK

Alles by die grens verloop glad en ons is in Suid Afrika! Ek kry RSG op die radio!

12h00 : Ons ry in RSA in

12h05 : Die volkslied kliphard op die radio – Hoendervleis!

12h12 : Bokke druk hulle eerste drie!

Ons ry tot op Letaba en hardloop vir die tv!

Vanaand kamp ons vir oulaas. Ek is nou 3 ure in Suid Afrika en het al ‘n Chicken Schnitzel gee et, ‘n Chocolate Milkshake gedrink, Huisgenoot gelees, RSG geluister, Die springbokke sien speel en Afrikaans met vreemde mense gepraat. Dis lekker om terug te wees!

 

Zanzibar


Vanoggend vier ons Werner se 11de verjaardag. Ons gaan later vandag op ‘n boot na ‘n eilandjie toe om te snorkel. Na ‘n heerlike verjaardag ontbyt van flapjacks gaan soek ons vir ons snorkel gear uit en wag vir ons boot. Daar is nog ‘n familie van Natal en ‘n honeymoon couple van England saam ons op die boot. Na so 45min se ry stop ons om te snorkel. Nie die beste spot nie maar ons sien ‘n paar mooi vissies en die water is heerlik warm.

Ons ry na ‘n klein eilandjie waar ons baie lekker hamburgers vir middagete kry voor ons terug vaar na die land.

Die volgende oggend moet ons weer oppak na 2 baie lekker dae om Dar es Salaam toe te ry. Na ‘n kort stukkie slegte grondpad ry ons verder met ‘n lekker teerpad tot by die stad. Ons gaan soek ‘n Shoprite om ‘n slag kos te gaan koop en toe met die ferry oor na net buite die stad om te kamp. Ons kamp weer reg langs die see by Kipepeo Beach Village.. Die aand pak ons vir ons klere vir 3 dae want moreoggend 6h30 kom die taxi ons haal hawe toe om die ferry Zanzibar toe te kry.

Die oggend kry die taxi ons en dis eers weer oor die ferry tot by die hawe. Ons betaal so R 400 per persoon vir die 2uur rut eiland toe op n baie mooi modern ferry. Net voor ons vertrek verloor Kobus sy foon maar daar is niks wat ons nou daaraan kan doen nie!

Hendrik raak maar redelik wit om die kiewe op die ferry maar ons kom net betyds in Zanzibar aan. Kry ‘n taxi en gaan book by die Dhow Palace Hotel in. Die Watsons het 7jaar terug ook hier gebly. Baie oulike hotel as julle ooit in Zanzibar kom. Stonetown is baie besonders met die nou straatjies en winkeltjies.

Ons spandeer 3 heerlike baie warm dae in Zanzibar. Ons shop en eet en gaan leer bietjie oor spices op ‘n spice farm. Hendrik sien nie kans vir die ferry terug nie en ons besluit om more terug te vlieg. Die vlug neem 20min en kos R600 per persoon.

Ons vlieg met ons Cesna  Grand Caravan  terug Dar es Salaam toe. Baie mooi vlug oor klomp eilandjies! Ons taxi kry ons by die lughawe en ons kan nie wag om by ons kamp te kom nie. ‘n Uur later kom ons warm en moeg by ons kamp uit en besluit om te gaan swem. My tipe see! So nou en dan ‘n brander en die water so 28 grade!

Ons ry vroeg die volgende oggend net na ‘n ongelooflike sonsopkoms. Ons wil kyk hoe ver ons kan vorder voor donker. Ons ry tot op Lindi en probeer uitvind waar die beste is om oor die grens te gaan. Niemand weet eintlik lekker nie en ons kort petrol maar ons geld is op en Lindi het net 1 ATM! Vir julle wat dalk deur Afrika wil toer – Kry tog n kaart met n pin wat net 4 nommers het. Die plaaslike banke vat Visa maar net 4 pin nommers. Gelukkig het Annalie n kaart met 4 pin nommers en trek sy vir ons geld vir petrol.

Ons ry Masuguru toe om oor die Unity Bridge oor die grens te gaan. Ons ry die laaste 55km grondpad en wonder of die grens ooit bestaan. Laat middag kry ons die grens. In die middle van nerens kry ons ewe skielik ‘n bree nuwe teerpad van 500m en dan die Unity Bridge! Weird besigheid! Maar dis Sondag en die grenspos is toe. Vra eers vir die locals waar is die kantore om te gaan uitvind hoe laat hulle oopmaak. Ons kry die baas voor die doeane gebou en die is so gaaf hy se ons kan net daar kamp! Hy reel water en sluit ‘n toilet vir ons oop. Gee vir ons ‘n wag en sluit die hekke agter ons. Ons kamp te lekker en staan ewe op aandag toe hulle die vlag stryk vir die aand! Dis weer ‘n heerlike 29 grade en ons hang ons wasgoed voor die grenspos se gebou op!

Die volgende oggend maak hulle ons wakker toe hulle 5h30 weer die vlag kom hys! Die paspoorte en carnage word sommer gestamp terwyl ons kamp opslaan. 8h15 Trek ons weg in Tanzania – ry oor die Unity Bridge- en kom 7h20 in Mosambiek aan. Ons is weer terug op SA tyd. Daar moet ons sit en wag tot 9h00 voor hulle ons carnage kan stamp! Ons kort 3e party versekering maar hulle se ‘no problem’ ons kan dit in Pemba koop.

Ons ry weer 500m op die nuwe bree teerpad en toe 180km op ‘n verspoelde bospadjie.

Dis nou weer ‘n Nuwe Land / Nuwe Simkaart / Nuwe Padreels / Nuwe Tyd en Nuwe Taal!

18h30 Kom ons in Pemba aan die kus van Mosambiek aan. Ons kamp by die baie lekker Pemba Dive Centre en Campsite. Die volgende oggend begin ons moeilikheid. Ons word gestop in ‘n roadblock en hulle wil weet waars ons 3e party versekering! Hoe meer ons verduidelik die mense op die grens het gese ons kan dit in Pemba kry hoe meer agressief raak hulle. Gelukkig kom daar ‘n Suid Afrikaner aan wat kan Portugees praat en hy verduidelik vir hulle. Hulle se ons moet die versekering op die lughawe gaan koop en ‘n permit vir die voertuie by die polisie gaan uitneem. Niemand in Pemba kan Engels praat nie!!! Die mense by die lughawe weet nie waarvan ons praat nie en ons laai ‘n sekuriteits mannetjie op om ons polisie toe te vat. Na ‘n lang verduideliking aan ‘n polisieman wat 2 Engelse woorde ken kry ons aanwysings waar om die versekering te kry en hy weet ook nou wat ‘n Carnage is!

Ons is nou goed gatvol en besluit om nie die 3 dae by ‘n huis drie ure Noord van daar te gaan bly soos ons beplan het nie.  Ons kamp weer by Pemba Dive village en besluit ons ry die volgende dag so ver soos ons kan Suid!

Vandag ry ons ver en dis warm en ons weet nie eintlik waarheen ons oppad is nie. Dis gelukkig ‘n mooi landskap met graniet koppies. Oppad kry ek die volgende sms van die man by Tanzanie se grenspos waar ons gekamp het.

‘Glory to God that you have arrived safely at Pemba. We are very grateful for the gifts you gave us. We had a brief but very joyous moment together. We shall always remember you. God bless you our Mzungu friends’

Die trok breek ook vandag sy eie spoed rekord op ‘n baie lang afdraand! Nuwe rekord 134km/h. Baie geluk Roelof. Ons is so trots op jou!

17h00 Sak die son in Mosambiek en ons kom donker in Mokuba aan. Ons bly by Mokuba Villas. Heel skaflik. Ons gooi sommer klaar petrol in want more het ons 1000km tot in Vilanculos.

Die volgende oggend 5h00 trek ons weg. Dit word ‘n lang dag en ek en Hendrik ry vooruit. 260km Voor Vilanculos kry ons ‘n ry van seker 7 trokke voor ons en toe die trok voor ons die ander begin verbygaan val ons agter hom in en kan nie glo dat ons so maklik by al die trokke verbykom sonder verkeer van voor! Toe ons die laaste trok verby is trek ‘n bakkie met 2 gewapende army ouens agterop voor ons in en wys ons moet in die ry inval! Toe besef ons eers ons is actualy in ‘n konvooi!  Baie frusterend, want die konvooi ry teen 80km/h en jy mag nie verby gaan nie! ‘n Ent verder is ons oor ‘n tydelike brug. Die oorspronklike brug is opgeblaas en dit wemel van die Polisie. En om te dink ons was skrikkerig vir Noord Afrika! Langs die pad is die army besig om landmyne te soek. Na 120km is ons uiteindelik uit die konvooi en ons kom laat middag in Vilanculos aan. Bly by Archipelago Resort. Eet aandete en gaan slaap na ‘n lang dag op die pad.

Vanoggend is nie lekker nie! Ons moet die ander groet! Na ons laaste ontbyt saam ry die Aucamps Xai Xai toe. Dis maar stil in die bakkie en my oe traan vreeslik. Moet seker maar van die stof wees….

 More gaan ons Suid Afrika binne na 83 dae! Dit was ‘n ongelooflike ondervinding!

 

Monday, 26 August 2013

Lake Chala


Ons het by Kirsten en Gerhardt gehoor van Lake Chala en wat ‘n lekker kamp. Aan die eenkant is Kilimanjaro en ander die anderkant die meer. Dit is die lekkerste kamp sover. Geen ape, bobbejane of muskiete! Net ‘n lonesome kraai wat ons in die oggende wakker raas. Daar is ‘n Restaurant en baie skoon geriewe met warm water.

My tipe plek! Kameeldoring bome, lang geel gras ‘n vuurtjie en nog ‘n volmaan ook. ‘n Mooi memory! En ons sien darem vining Kilimanjaro se top.

Die ander vorder tot by Tsavo Natuurreservaat in Kenia. Hulle is op die oomblik seker so 100km van ons af maar in ‘n ander land. Ons sal mekaar seker weer oor so dag of wat in Mombasa kry.

Die volgende oggend weer oor die grens Kenia toe om die ander in Malindi te kry. Na ‘n slegte grondpad, ‘n besige teerpad, en ‘n nat grondpad kry ons die ander in Malindi. Ons ry 10m bo seevlak en sien die see vir die eerste keer in 69 dae – 18100km van die huis! Ons is teleurgesteld met die feit dat die kus van Kenia glad nie voorsiening maak vir kampers nie! Die kampplekke op die GPS bestaan nie een meer nie. Op die ou einde kamp ons by KFS (Kenia Forest Service). Baie lekker kamp, maar ons wou so graag by die see kamp!

Die oggend gou dorp toe en die Aucamps en van Dolderens ry  langs die kus af. Na nog ‘n lang soektog book ons maar by Simba en Oryx Cotaages in vir die nag. Baie lekker plekkie. Ons braai ‘n paar tjoppies met braaibroodtjies. More Tanzania toe terwyl die Watsons gou iets aan die bakkie laat doen. Ons wil gaan soek na die prentjie in ons kop van kamp by die see onder die palmbome.

So ‘n uur se ry na Mombasa oor die ferry en nog so uur na Tanzania se grens. Die pad aan Tanzania se kant is ‘n pragtige teerpad, maar daarmee saam kom die speedtraps en spoedwalle. Nie lank nie en die speedcop spring voor die trok in. Na ‘n lang storie van hoeveel moeilikheid hulle al gehad het en sy arme vrou wat ‘n week laas gestort het en die kinders wat elke dag in trane uitbars, laat gaan die speedcop hulle met trane in sy oe!

Ons ry vol verwagting na Peponi Beach Resort wat volgens die GPS ‘n kampplek op die see het. Die laaste 26km is weer ‘n terrible grondpad, maar ons kry uiteindelik ons kampplek op die see onder die palmbome! Die Watsons sluit die aand by ons aan na ‘n heerlike aand in Hemingways in Malindi!

Ons kan ‘n slag al ons goed afpak en ‘n behoorlike kamp opslaan. Die water is 30grade! Hendrik en Roean maak vir ons ‘n heerlike hoenderpot.Langs ons slaan 4 locals ‘n tentjie op en begin hulle hifi inmekaar sit! Ons verwag die ergste! Ons weet die Afrika musiek gaan enige oomblik die branders stil speel. Die volgende oomblik begin Don Williams en Kenny Rogers se The Gambler saggies speel. Ons monde hang oop. Dit was weird! Maar ‘n mens kan ook net soveel Kenny Rogers (wat nou en dan vashaak) hanteer! En 7h00 die oggend voel ons lus om vir hulle ons ipod te leen – net vir ‘n bietjie iets anders vir ‘n slag.

Vandag beplan ons – Sometimes I sit and think and sometimes I just sit! En Klippies se bladjies gaan pot toe!

More gaan ons met die boot uit om te gaan snorkel en op ‘n eiland te gaan lunch!

Ek kry ook ‘n groot verassing.  - ‘n email van Emilly Turinawe van Uganda. Ek het vir haar van my baba truitjies wat ek gebry het gegee en sy laat weet my haar seuntjie is gebore en sy stuur sommer foto’s ook! Dis nogal baie special. Veral die bewoording van die email!

Hello friend.

Hope you are enjoying your trip.

Am happy for you having loved me when you met me at Gorilla Friends camp site  in Ruhija and gave me clothes for the baby

on 6th august,I gave birth to a baby boy and his first name is Ahabwe.

Thank you so much you can view his photos.

Emilly.




 

Wednesday, 21 August 2013

Van Moyale na Arusha


Ons kom op Moyale aan en besluit om solank deur die grens te gaan terwyl ons vir die ander wag. Kobus het sy 6e pap wiel en is so 2 ure agter ons. Die grens tussen Ethiopie en Kenia loop deur die middle van die dorp. Aan die Ethiopie kant laat stamp ons ons paspoorte en toe ons oor die straat loop na customs met ons carnets hoor ons hulle maak oor 20 minute toe. Ons kan nie omdraai nie, want ons paspoorte is klaar gestamp. Ons gaan deur en book by die Alyusra Hotel in. Baie basies! Toe die ander op die grens kom is alles reeds toe en hulle moet aan die Ethiopie se kant slaap. Ons is in dieselfde dorp maar in verskillende lande!

Die volgende oggend kom hulle uiteindelik teen 10h30 in Kenia en Roelof ry solank terwyl ons gou Kobus se wiel laat regmaak. Vandag moet ons die Moyale/ Marsabit pad ry. Die mense wat deur Afrika reis ken almal die pad. Dit staan bekend as die slegste pad in Afrika! Hulle wou eers dat ons betaal om in ‘n konvooi te ry, maar ons besluit, nadat ons bietjie rondgevra het, dit is veilig genoeg om op ons eie te ry. Met die opkom slag het ons al langs die pad gevra wat die toestand van die pad is. Party se dis heelpad teer ander se dis so 40km sleg…. Ons sal maar self moet sien. En die pad is sleg!!!! Maar ek moet se dis nog nie so sleg soos die pad deur die Serengeti nie! Ons besluit om te ry tot dit donker word want ons gaan nie Marsabit haal nie. Toe dit skemer word begin ons rondkyk vir ‘n plekkie om te kamp. Ons sien ‘n Land Cruiser langs die pad staan langs ‘n nuut geboude  geboutjie en besluit om te gaan vra of dit veilig is om langs die pad te kamp. Soos regdeur Afrika ontmoet ons al weer ‘n ongelooflike vriendelike man – Mohammed. Hulle is besig om ‘n hospitaaltjie daar in die middle van nerens te bou en hy se ons kan met liefde daar kamp en hulle water en toilette gebruik. Ons kry tot ons eie wag wat ons sal oppas!

Ons is sooo bly om ‘n slag te kamp. Dit is 19h00 en 28 grade! Ons steek ‘n vuurtjie aan en sit onder ‘n amper volmaan in die veld erens in Kenia en luister na Bob Seger! Hendrik maak vir ons ‘n  pot van Klippies se ribbetjies. Hy se dis ‘n Suid Arabiese potjie!!

Die volgende dag wil ons tot Nairobi haal en ry die laaste 20km van die 300km slegte grondpad tot by Archers Post en van daar na Nanyuki. Op Nanyuki is ‘n baie lekker supermark waar ons weer bietjie kos ens koop. En regte Crunchies en Wholenut chocolate!

Nou begin die roadblocks en die speedbumps in die middle van die teerpad weer! Dit is lekker om weer ‘n lekker supermark te kry, maar dit is of ons nie meer in Afrika is nie – Ons is maar net op ‘n gewone vakansie!

Ons kom natuurlik weer te laat in Nairobi aan! Die verkeer is iets vreeslik! Maar na seker3 ure in spitsverkeer kry ons plek in die Countryvillage Hotel aan die buitewyke van Nairobi. Die Aucamps besluit ons gaan die volgende dag Arusha toe om by Kirsten en Gerhardt (Van my kinders se vriende wat daar bly) te gaan kuier en kyk of ons Kilimanjaro kan sien. Die ander gaan ‘n dag of twee in Nairobi bly om aan hulle voertuie te laat werk. Ons sal mekaar weer kry erens langs die kus oor ‘n paar dae.

Die volgende oggend laat ons eers gou die bakkie was en ontmoet weereens ‘n man waarmee ons lekker gesels terwyl hulle ons bakkie was. Toe ons hom vertel hoe ongelooflike en leersame ondervinding die trip is, se hy hulle het ‘n gesegde in hulle taal wat se : You don’t know if your mother’s food is good if you have’nt tasted another mothers food!

Ons kom in Arusha aan en neem gou die bakkie Toyota toe vir nuwe breakskoene. Ons kry vir Kirsten en Gerhardt en kuier heerlik. Gaan eet die aand by ‘n lekker Suid Afrikaanse sportsbar met rugbytruie en Klipdrif! Ons slaap die aand by hulle en gaan vandag na Lake Chala om weer te kamp.

Ons draai om


Met lang gesigte eet ons die volgende oggend vir oulaas ontbyt by ons gunsteling Hotel. Ek het nooit gedink ons sal weer suid moet ry nie. Vlieg ja maar nie ry nie…. Ons weet ons het die regte besluit geneem om om te draai maar dit bly maar n teleurstelling.

Ons speedo staan op 14968km toe ons wegtrek by die Goha Hotel in Gondar. Ons gaan vandag langs Lake Tana afry rigting Addis Ababa. By Bahar Dar, aan die suidpunt van Lake Tana, ry ons so 30km om na die watervalle van die Blou Nyl te gaan kyk. Ons ry tot by die dorpie Tis Abay en loop so 20min tot by die valle. Die valle is mooi die tyd van die jaar met al die baie reen. Terug Bahar Dar toe en dan Suid om te kyk hoe ver ons kan vorder. Ons ry nou weer op die Ethiopiese Hooglande en vorder tot by Debra Markos. Ons slaap in die FM International Hotel vir R125 per kamer! Die kamer is glad nie sleg nie – met TV en warm water! En die kos is ook glad nie sleg nie en soooo goedkoop.

Ons skip ontbyt die volgende oggend want ons moet vandag weer deur Addis Ababa en wil aanry tot Awassa. Dis ‘n pad wat ons nog nie gery het nie en weereens asemrowend mooi. Ons is nou al sooo lus vir ons eie kos en vir kamp. Ons het laas in Awash by die watervalle gekamp.

Ons ry weer hoog in die berge en daal op een stadium 1300m in 20km. My ore pyn erger as in ‘n vliegtuig wat kom land. Ons daal tot ‘n baie mooi brug oor die Blou Nyl net om aan die anderkant van die rivier weer 1500m te styg in 30km!

Gelukkig begin Addis se verkeer nie die kant weer 60km voor die stad nie. Ons is darem nou al baie slimmer en kry dit reg om om die stad te ry nadat ons  vir die 5e keer verby ons Hotel ry.Aan die anderkant van die stad is dit weer ‘n redelik gemors en dit REEN!!! Op ‘n stadium kry ons tot ‘n bietjie hael

Die heel vakansie se ek dit is onmoontlik om deur Afrika te ry sonder om een of ander tyd ‘n ongeluk te sien gebeur nie. Wel vandag was ons dag! Terwyl ons die trok voor ons verbygaan kom ‘n klein grys motortjie met ‘n stink spoed hier langs my venster verby (Ons ry nog aan die regterkant van die pad) Twee wiele op die gruis en hy sien kans om ons en die trok gelyk verby te gaan. Die pad is skaars wyd genoeg vir 2 definitief nie vir 3 nie! Toe hy weer op die teer wil klim begin die sports. Hy verloor beheer en ek weet nou nog nie hoe hy nie die kar gerol het nie! Hy kom tot stilstand aan die anderkant van die pad….. en begin stadig agteruit loop tot in ‘n dam. Ons stop en sien hulle is ok en besluit om liewers te ry voor hulle ‘n sondebok soek en ons moet probeer verduidelik aan mense wat ons nie verstaan nie. Teen die tyd het die polisie en ‘n paar ander voertuie al gestop. Ons roep vir Dollies op die radio en vertel wat gebeur het sodat hulle weet as hulle die kar in die dam sien staan.Toe Dollies verby kom sien hulle die winch voor aan die trok en hulle stop hom om die ou uit die dam te trek! Die ou moes defnitief gesien het ons travel saam. Het seker gedink die een wit man ry my in die dam in en dan kom sy pel en trek my uit. Dollies ry verder en glo dit as julle wil – 50km verder toe kom die einste karretjie weer met ‘n stink spoed verby hulle met ‘n gehoot en arms wat waai om dankie te se!

Ons is baie bly toe ons weer voor die Haile Resort in Awasha stop. Ons bly weer so lekker soos laas en word baie hartlik terug verwelkom deur die personeel. Ons eet lekker en gaan slaap. More wil ons Kenia haal.

Dis oggend en ons wil vandag na 3 weke uit Ethiopie uit. Die 500km Moyale toe is nie so lekker soos ons gehoop het nie. Dit wissel van potholes na grond na splinternuwe teer. Eers is dit tropies met pynappels, piesangs en koejawels wat langs die pad verkoop word en sonder dat jy dit eers agterkom raak dit warmer en droer. Die mense verander ook en ons sien weer die mans wat hand om die lyf loop of hande vashou. Blykbaar kultuur en nie Gay nie! Baie weird!

Ek sien my eerste kameel 250km van Kenia se grens terwyl ek bestuur en Hendrik le en slaap. Ek is so opgewonde – maak hom amper wakker. Kamele beteken warm en droog! Ek was die afgelope 3 weke in die groenste, natste, hoogste mooiste wereld wat ek in my lewe nog was, maar dit sal nooit so mooi wees soos die droe veld met kameeldorings  wat ons nou weer kry nie. Is maar gebou vir die woestyn !

Op die oomblik sit ek in die bakkie en skryf. Ons is 60km van Kenia. Gelukkig het ek al my simkaarte gehou so hopelik het ek more sein om julle weer op hoogte te bring.

 

Wednesday, 14 August 2013

Gonder


Die Hotel kry vir ons ‘n gids om na die kastele van Gonder te gaan kyk. Die kastele is in die 17e eeu gebou en baie impressive. Die gids het ons ook na die swembad van Koning (het nou vergeet) geneem waar die locals nou nog elke jaar op die 19e Januarie ‘n baie kleurvolle fees hou. Die mans mag op die dag die meisie waarvan hy hou met ‘n suurlemoen gooi. As die meisie die suurlemoen hou dan is hulle ‘n paartjie!

Die volgende oggend val ons vroeer as gewoonlik (gelukkig) in die pad na Sudan se grens. Die van Dolderens word uitgechap uit Ethiopie – En toe begin die moeilikheid! Hulle wil ons nie in Sudan toelaat nie. Ons ry na Sudan se kant en praat mooi, maar niks wil werk nie. Ons was onder die indruk ons kan op die grens ‘n transit visum na Egipte kry.

Weer terug  Ethiopie toe om die van Dolderens weer terug gechap te kry! Met ‘n ‘Sorry its lunch’ word ons aangese om op ‘n bankie te gaan sit en wag! Lunch is 2 ure lank! Ons wag 2.5 ure voor hulle die paspoorte weer stamp en ons terugry Gonder toe met planne om iemand Addis Ababa toe te laat vlieg om die visums te kry. Gelukkig is ons oppad terug na ons lekker hotel van die vorige 2 dae. Na nog ‘n pap wiel kom ons net mooi 13 ure later weer by ons hotel aan. Ons besluit dis te laat en sal die volgende oggend die relings begin tref. Baie teleurgesteld dat ons nie in Sudan is nie!

7 uur Die volgende oggend begin die moeilikheid in Egipte. Toe die onluste in Aswan begin,  maak ons die call om terug te draai huis toe! Teen die middag besef ons daar was ‘n rede hoekom ons nie in Sudan kon ingaan nie! ‘n Noodtoestand word in Egipte afgekondig en ons sou nooit die land kon binne gaan nie! Dit was so bestem! Ons is baie teleurgesteld dat ons nie ons reis kon klaarmaak nie, maar dit was ‘n wyse besluit! Miskien eendag.

Die res van die dag relax ons heerlik in die hotel se sitkamer terwyl dit buite reen. Kinders doen huiswerk en van die grootmense vang ‘n slapie terwyl ek facebook en die blog op datum bring. Selfs Roelof die tegnologies gestremde het op sy eie sy eerste comment op facebook onder die knie gekry!

More begin ons met ‘n nuwe avontuur! Ons gaan probeer om op ander roetes huis toe te ry en nuwe plekke te sien. Ons sal julle op hoogte hou van ons reis terug en sien julle middel September! Ons het gedurende ons trip hierheen gepraat van ‘n trip langs die ooskus van Afrika af oor twee jaar. Miskien doen ons hom sommer nou!

 

Monday, 12 August 2013

Fotos op facebook

Fotos op ons facebook page. Stuur friend request na Afritrio 2013 om ons facebook blad te join