Saturday, 7 September 2013

Suid Afrika


Die oggend 7h00 ry ons uit Xai Xai uit. Vandag is Hendrik se verjaardag en hy wil die Springbokke sien speel in Suid Afrika. Ons is so 300km van die grens en ry op ‘n Lucky Packet pad soos Hendrik dit noem! Potholes! Jy weet nie wat jy kry voor dit te laat is om uit te swaai!

Uiteindelik kom ons in Massingir se Park ingang en betaal omtrent R700 vir wie weet wat. Ek stel ook nie eintlik belang nie. Die rugby is 12h00! Ons ry 80km/h in die park waar jy eintlik net 20km.h mag ry. Al diere wat ons sien is ‘n patrys wat oor die pad moes hardloop vir sy lewe! Die volgende oomblik is daar ‘n boom voor ons en ons stop in ‘n stofwolk . 2 Wagte moet 2min wag vir die stof om te gaan le voor hulle na die bakkie toe aanstap.

Wag: Jo! But you come fast!

Hendrik : How fast may I drive

Wag : Only 20. This is a Park

Hendrik : Where’s the Park? Am I in a Park? Is it a park for people or animals?

Wag : Animals

Hendrik : Where’s the animals?

Wag : In the bush

Teen die tyd kan ek my lag nie meer hou nie en draai my gesig weg na my ruit toe. Ek druk my voorkop teen die ruit en sien hoe my lag trane teen die ruit afloop.

Hendrik : No man. If there was animals to look at I will drive slow.

Wag : You must go slow

Hendrik : Lig daai boom ou maat. Ek verjaar en die rugby gaan begin.

And tell the boss he must bring animals then the people will drive slow. OK?

Wag : OK

Alles by die grens verloop glad en ons is in Suid Afrika! Ek kry RSG op die radio!

12h00 : Ons ry in RSA in

12h05 : Die volkslied kliphard op die radio – Hoendervleis!

12h12 : Bokke druk hulle eerste drie!

Ons ry tot op Letaba en hardloop vir die tv!

Vanaand kamp ons vir oulaas. Ek is nou 3 ure in Suid Afrika en het al ‘n Chicken Schnitzel gee et, ‘n Chocolate Milkshake gedrink, Huisgenoot gelees, RSG geluister, Die springbokke sien speel en Afrikaans met vreemde mense gepraat. Dis lekker om terug te wees!

 

No comments:

Post a Comment