Ons het uiteindelik begin! Dag 1 het goed afgeloop. Ons het op George weggetrek en eers na die Suidpunt van Afrika gery. Die foto is by Kaap Agulhas geneem. Van Agulhas het ons weggetrek na Matjiesfontein. By Matjiesfontein het ons ons vasgeloop in vreemde mense se verjaardag party en Marius en Sanet Swart van Heroldsbaai!
Dag 2 het Baaaaaie koud begin op Matjiesfontein. Die Watsons is vooruit en die Aucamps en van Dolderens het gevolg.
Dit was n laaaaaang dag. 1240km kuier kuier tot in Pretoria! Die trok het hom goed gedra. Ons is almal veilig in Pretoria en gaan more gou 'n bietjie last minute shopping doen voor ons vertrek Musina toe.
|
Ons volg julle van Tsumeb af - geniet dit en stuur asb Baaaieeee fotos...
ReplyDeleteDit lyk al klaar na 'n heerlike, avontuur vervulde reis.
ReplyDeleteGeniet elke oomblik en hou ons op hoogte sover moontlik!
Elmien
o-e-e-e- so bly om julle op my laptoppie te sien en jul reis te volg!!! bid vir jul veiligheid elke dag en luv u all!!! Wilma xxxxxxxx
ReplyDeleteDankie vir die nuus en dat ons saam met julle die trip kan doen ,hoop die trok gaan hou en nie verdere probleme gee nie.Wag vir die fotos van julle reis.Groete van George se mense.Ampie
ReplyDelete