Dag 9/10/11/12
Ons vat die pad Malawi toe. By Chipata koop ons vooraad by
‘n baie mooi Spar wat behoort aan Suid Afrikaners. Die vrou ‘Mama Roela’ gee
vir ons die goeie raad om ‘n Comesa Yellow Card te koop. Dis jou derde party
versekering in al die Afrika lande wat ons nog moet besoek. Ons kom later agter
watter groot hulp dit is. Met ‘n Carnage en die Comesa versekering is
grensposte baaaaie makliker! Die Comesa het omtrent R 350.00 gekos. Bargain!
Ons ruil geld en word lekker ingeloop. Ai so leer mens. Ons is al so deurmekaar
met die verskillende geldeenhede !
Van Chipata ry ons op ‘n redelike teerpad Lilongwe toe. Ons
is redelik vining deur die grens na Melawi. Die spoedbeperking in Melawi is 80
km/h en 50km/h vir die trok. En hou op kla in RSA. Hier kos petrol R25 p/l! Melawi is die land van fietse! Hier
huur jy ‘n ou op ‘n fiets om jou dorp toe te vat! Dit is duidelik hoekom hulle
reken die standaard van skoolopleiding
in party van die Afrika lande beter is as in RSA. Elke gemeenskap het sy
eie skool en kerk. Die skole is netjiese goed opgepaste geboue en die kinders
is tevrede met ‘n boek en ‘n pen. Die Malawiers se maniere en taalgebruik is onberispelik!
In Lilongwe kry ons uiteindelik die internet aan die werk!
Ons ry na Senga langs Melawi meer en kamp by Steps Camping
by die Livistonia Hotel. Baie mooi! Die volgende oggend ry ons rustig na
Chintheche en stop in ‘n paar dorpies om te kyk na hulle vleis en vis. Ons koop
die lekkerste vetkoek langs die pad. Ons besluit om af te draai meer toe om te
kyk hoe hulle vissies droog. Daar aangekom besluit ons om 2 van ons living
balls uit te deel. Toe breek alle hel los! Al die kinders begin uit die bosse
op ons neerdaal en gil. Ons gee die balle en groet………. Die trok sit vas in die
sand! Roelof katrol eers vir hom ‘n Toyota in ( Sal die video eendag wys HaHa!)
Nadat die Toyota homself ook eers uit die sand moet ry trek hy die Vlieende
Hollander uit ! Ons ry tot by Chintheche Inn. Die Watsons book hulle in die
Hotelletjie in en die res kamp reg langs die water. Dit lyk soos Mauritius! Die
water is helder en warm met wit strande!
No comments:
Post a Comment