Friday, 28 June 2013

Ek sukkel vreeslik om fotos op die blog te laai. Dit gaan vinniger op ons facebook blad. Ek sal as ons 'n wi fi sein het fotos laai. Intussen stuur 'n friend request na ons facebook group Afritrio 2013 om te join. Ek sal daar 'n paar fotos laai.

Dag 9/10/11/12

Ons vat die pad Malawi toe. By Chipata koop ons vooraad by ‘n baie mooi Spar wat behoort aan Suid Afrikaners. Die vrou ‘Mama Roela’ gee vir ons die goeie raad om ‘n Comesa Yellow Card te koop. Dis jou derde party versekering in al die Afrika lande wat ons nog moet besoek. Ons kom later agter watter groot hulp dit is. Met ‘n Carnage en die Comesa versekering is grensposte baaaaie makliker! Die Comesa het omtrent R 350.00 gekos. Bargain! Ons ruil geld en word lekker ingeloop. Ai so leer mens. Ons is al so deurmekaar met die verskillende geldeenhede !

Van Chipata ry ons op ‘n redelike teerpad Lilongwe toe. Ons is redelik vining deur die grens na Melawi. Die spoedbeperking in Melawi is 80 km/h en 50km/h vir die trok. En hou op kla in RSA. Hier kos petrol  R25 p/l! Melawi is die land van fietse! Hier huur jy ‘n ou op ‘n fiets om jou dorp toe te vat! Dit is duidelik hoekom hulle reken die standaard van skoolopleiding  in party van die Afrika lande beter is as in RSA. Elke gemeenskap het sy eie skool en kerk. Die skole is netjiese goed opgepaste geboue en die kinders is tevrede met ‘n boek en ‘n pen. Die Malawiers se maniere en taalgebruik is onberispelik! In Lilongwe kry ons uiteindelik die internet aan die werk!

Ons ry na Senga langs Melawi meer en kamp by Steps Camping by die Livistonia Hotel. Baie mooi! Die volgende oggend ry ons rustig na Chintheche en stop in ‘n paar dorpies om te kyk na hulle vleis en vis. Ons koop die lekkerste vetkoek langs die pad. Ons besluit om af te draai meer toe om te kyk hoe hulle vissies droog. Daar aangekom besluit ons om 2 van ons living balls uit te deel. Toe breek alle hel los! Al die kinders begin uit die bosse op ons neerdaal en gil. Ons gee die balle en groet………. Die trok sit vas in die sand! Roelof katrol eers vir hom ‘n Toyota in ( Sal die video eendag wys HaHa!) Nadat die Toyota homself ook eers uit die sand moet ry trek hy die Vlieende Hollander uit ! Ons ry tot by Chintheche Inn. Die Watsons book hulle in die Hotelletjie in en die res kamp reg langs die water. Dit lyk soos Mauritius! Die water is helder en warm met wit strande!

Tuesday, 25 June 2013

Dag 3 tot 8

Dag 3
Onsslaaplekkerlaat in Pretoria.Almal by verskillendevriende. Die Watsons gaangouvir die laastekeer 4x4 shop toe om n tent tekoop en die Aucampsgaantelonspaspoorte met al onsvisums op. Onsryna Aloe Inn by Musinawaarons die nag slaap. Moreoggendgaanonsdeuronseerstegrenspos. Zimbabwe toe!
Dag 4
Staanvroeg op en ryMusina toe sodatonsonseerstereperasiesaan die voertuiekandoen. Niksernstig.Aucampslaatmaak ‘n chip op die windscreen reg en ons spoor iemand op watna die trok (Hotel Nyala) se diff kanluister. Die man versekeronsons is vernietbekommerd en ons vat die pad Beitbrug toe!
Redelikedeurmekaarspul by die grens en onsbesluitom ‘n runner tebetaalwatveronderstel was omditmaklikertemaak. Big Mistake! Hystuurons in verkeerderigtings en kryheeltemalteveel geld uitonsuit. Na drieure is onsuiteindelik by die laaste boom. Nie so vining nie! Roelofmoet al die pad terugstapom ‘n coupon tekry ($100.00) sodathynietolgeldhoeftebetaalnie.  Ons is deur 6 tolhekke teen $1 per keer. So steel Mugabe $94 by Roelof.
Onsrydeur die mooistelandskappe! Virmy is die suide van Zimbabwe van die mooierplekkewaarek al was. Ons is oppadnaKambaCaravaan Park net buite Harare, langs Lake Chivero.Ditraaklaat en diedonker en miljoenetrokkevangons op ‘n nouteerpadjie! Die GPS vat ons met ‘n kortpad. Onsbeland in die donker in ‘n agterbuurt van Harare. Dis mense, taxis, diere, trokke en ‘n paarandergoedwatonsnieeersherkennie!
Uiteindelik is onsweer op die grootpad net omweerteverdwaal, maar ons spoor Kamba op en slaankamp op. Baiebrandewyne en wyn was nodigomonsweertelaatontspan.Vroeg bed toe. More moetonsMana Pools toe!
Dag 5/6/7
Na oggendgodsdiens vat ons die pad Harare se kant toe.  Toe komdaai dreaded roep op die radio van Roelof: “Dink julle die trok hang na die eenkant toe?” Eers is die antwoord ” Nee”. Later word dit “miskien” en toe word dit “Defnitief!”  By Chinhoyigooions petrol in en gaan shop by OK.Baiemooi modern OK en ekeet die lekkerstegaarhoender en rys. Ons Koop ‘n simkaart,wat toe nooitwouwerknie, en praat met die locals. Almalstelvreeslikbelang en diemense van Zimbabwe is besondervriendelik. OnsryverdernaMana Pools toe en kom 15h00 by die hekaan.En toe slaanons die sinkplaat. Die trokskudvreeslik en Roelof hang aan die stuurwiel. By Mana Pools kryonsonseerste twee pasiente.Kobie le in die tent met ‘n koors en ‘n brose hartjie en Hendrik le met ‘n maag!
Die volgendedriedae was onsklere en pak reg. Die trok word teen ‘n boom opgehysvirreperasiesvir die sinkplaatterug.
Na driedae vat onsweer die sinkplaat met nuwemoedaan. Nouskud die trokeers . So dat die mikrogolfuit die kasuitvlieg! Halfpadbesefonsons is besigom die Brandewyntenkteverloor! Ons stop dadelik en spring onder die trok in en bind weer die tenk vas.
Uiteindelikkomons by Karibaaan.Pragtigepleklangs die Kariba Meer. By die grenshardlooponsweerrond van dieeentoonbankna die volgende en word ‘n paarkeerteruggestuuromnogietstegaanbetaal. Interpol is ‘n man watbuite op ‘n stoel sit! Na drieuur is ons in Zambie!Roelofbesefeenvan die stabilizing boute van die trok het afgebreekwatons later salmoetregmaak.
Zimbabwe se mense is besondervriendelik en elkekeer as onsstop, stop ‘n paarvoertuieomhulpaantebied.
Onsry ‘n pad met meer potholes as teer en Roelie hang aan die stuurwiel. Die trok is by die tyd al so deurmekaardatonsditherdoopna die Vlieende Hollander! En toe begin die padwerke! Drie CAW voertuie en driemiljoentrokke op n enkelbaangrondpadjie in die nag ! Glad niepretignie! Onskom by Eureka aan en slaankamp op, eet en gaanslaap.Moreoggendmoetonssesuurry!
Dag 8
Sesuur vat ons die pad want onsmoetvandag 12 uuraan 700km ry. In Lusaka besluitons dis tydom die trok se boutterugte sit en geld te trek. Lusaka is ‘n mooistad. Na so uur is dieVlieende Hollander weer op die pad. Potholes en nogmeer Potholes tot by Chipata. Gelukkig is ditSondag en onskry minder trokke en meerfietse. Ma, Pa en kindersryalmal op eenfiets! Zambie is ‘n mooi land met vriendelike, tevredemense.
Onskomweerdonker by Wildlife Camp langs die Luangwa rivieraan en braai ietsvooronsuitpass van die moeg! Die Olifante en seekoeie loop die nag deur die kamp en die Apemaakons die volgendeoggendvroegwakker. Die plek is asemrowendmooi en onsgebruikweer die dag virwasgoed en om van al die stofontslaeteraak. Ons het heerlike warm storte en die weer is heerlik. Sit in die aande met onssomersklere! Die trok word van hoeknakantdeurgekyk en ‘n paarboute word weervasgedraai en die brandewyntenk word behoorlikvasgesit. Onsbeleef die mooistesonsondergange en steek ‘n vuurtjieaan!



Sunday, 16 June 2013

Dag 1 / 2

Ons het uiteindelik begin! Dag 1 het goed afgeloop. Ons het op George weggetrek en eers na die Suidpunt van Afrika gery. Die foto is by Kaap Agulhas geneem. Van Agulhas het ons weggetrek na Matjiesfontein. By Matjiesfontein het ons ons vasgeloop in vreemde mense se verjaardag party en Marius en Sanet Swart van Heroldsbaai!



Dag 2 het Baaaaaie koud begin op Matjiesfontein. Die Watsons is vooruit en die Aucamps en van Dolderens het gevolg.
Dit was n laaaaaang dag. 1240km kuier kuier tot in Pretoria! Die trok het hom goed gedra. Ons is almal veilig in Pretoria en gaan more gou 'n bietjie last minute shopping doen voor ons vertrek Musina toe.

 



Tuesday, 4 June 2013

Fotos

Aucamps
Watsons

Agterkant van Van Dolderens se Trok
Die Vryburgers van George het vir ons R 3500 gegee waarmee ons 50 Living Balls gekoop het om in Afrika te versprei.
 
 
Dankie Madeleine vir al jou moeite met ons visums. Ek weet nie wat ons sonder jou sou gedoen het nie. As enige iemand visums soek in die Suid Kaap kontak vir Madeleine. Sy verstaan die werk