Wednesday, 23 January 2013

Die Begin


Alles begin op 1 September 2011 langs 'n vuur erens in die Kruger Wildtuin terwyl Kobie kool kook en Hendrik skelm hienas oor 'n draad voer. (Reg langs die bordjie wat lees : 'Please dont feed the hyenas')




 








 
Ek (Linda) en Kobus sit en gesels diep dinge met 'n paar drankies agter die blad! Ons begin praat oor ons 'Bucket Lists' . Ek begin hom vertel (het eintlik maar net gedroom) dat ek nog eendag van die Kaap tot in Egipte wil ry met 'n bakkie!

 "Nou kom ons doen dit" kom die antwoord.    
Ek : "Jo! Dink jy so? 
Kobus : “Ja man. 2013. Ons, julle en die van Dolderens ! Te Jeerlik"


En so begin ons droom lewe kry!


Ek begin lees. Boeke, websites, blogs, you name it – Ek het dit gelees!  En hoe verder ek lees hoe meer besef ek – Die droom gaan werk kos. Baie werk!


Maar ek begin! Ek besef ek was reg. Dit gaan BAIE werk kos, maar dis lekker werk. ‘n Hele nuwe wereld gaan vir my oop. Afrika! Hoe meer navorsing ek doen, hoe meer wil ek weet. Ek begin die roete uitwerk en oor nog 'n paar wyne gee Kobus sy 'Go Ahead'

Aluminium Canopies word ontwerp en laat maak, 'Tracks4Africa' word gelaai en ek begin die roete stukkie vir stukkie aanmekaar sit.

Met 'n basiese roete en 'n klomp kaarte kom ons vir 'n naweek bymekaar by Calitsdorp Spa.
Dollies kan uiteindelik met sy dik swart kokie die roete op sy Afrika kaart intrek en sy droom vanaf nege-jarige ouderdom gaan uiteindelik waar word!






Kobie doop ons toer amptelik as  AfriTrio 2013.


 
 
 

 



Nou weer navorsing! Dis Paspoorte, Visums, Siektes, Ferries, Geld eenhede, Blyplekke, Kampplekke en wie weet wat nog alles!


 
Die jongste lede van ons groep : Roean en Werner


 

No comments:

Post a Comment